AB en Rilee maak amok in Bangladesj

AB de Villiers is so avontuurlik so altyd in Bangladesj. Foto: Cricinfo.

Gaan net vinnig op ’n krieketverbeeldingsvlug en dink aan ’n Protea-toporde wat soos volg vir die komende wêreldbeker lees: Hashim Amla, Quinton de Kock, Faf du Plessis, AB de Villiers, Rilee Rossouw, David Miller …

Genoeg om teenstanders dalk na hul bekers warm melk (of iets sterkers) te laat gryp, want hulle kan slapelose nagte hê.

Maar tog is dit waarskynlik net waanbeelde, want Rossouw het vroeër ’n Kolpak-kontrak geteken en De Villiers het verlede jaar sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig.

Die duo – wat vir Rangpur Riders in Bangladesj se T20-reeks speel – se kolfwerk is egter nog so flink soos altyd en hulle sou beslis meer werd as die Britse kroonjuwele vir die Proteas in Engeland gewees het.

De Villiers spog met een van die mees indrukwekkende treftempo’s in die reeks. In net ses wedstryde het hy 247 lopies teen ’n gemiddeld van 61.75 geslaan. Sy lopies word teen ’n tempo van 168 lopies per 100 aflewerings geklits.

Hoewel hy die Riders se uitspeelwedstryde gaan misloop, was hy in sy laaste wedstryd ’n doring in Camilla Victorians se vlees. Hy het 34 van 22 balle geslaan en twee kolwers uitgevang.

Rossouw – wat ook vir die Riders speel – is die voorste lopiemaker in die reeks. Hy het tot op hede sy wilgerlat vir 558 lopies geswaai en spog met ’n gemiddeld van 79.71.

Daar word deesdae baie ope briewe aan De Villiers oor sy moontlike deelname aan die wêreldbeker geskryf; hoop net hy lees hulle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jack Russl

Los maar die briewe, laat AB maar in die T20 ligas speel. Sy lus om vir die Proteas te speel is lankal nie meer daar nie. Genoeg talent in die huidige span

JJ

Wel…dis Bangladesh lol. Selfs Rilee maak runs…dan moet jy weet.

Juandre

Ek sê as jy uit internasionale sport tree as speler dan is jy klaar met sport, in hierdie geval dan nou krieket. Nou speel AB nog reg oor die wêreld krieket en in die IPL waar hy hewige geld betaal word. Sy verskoning was dat hy ontsettend moeg was van krieket speel maar hy is nie te moeg om te speel daar waar geld betrokke is nie. Moet hom asb nie vir die wêreldbeker kies nie, hy verdien dit nie. Jy kan nie jou brood aan albei kante gebotter hê nie.

Juandre

Maar hy speel nog in die IPL wat omtrent amper 2 maande se intense krieket is en hulle speel gereeld en dan nou nog in Bangladesh en ek het gelees hy gaan in Pakistan ook nog speel. Nee om te sê hy is “moeg” was ‘n flou verskoning en Robert sê my graag hoeveel geld wil AB nog gaan maak jy wat natuurlik volgens die internet is sy netwaarde oor ‘n honderd miljoen rand. Hoekom is Faf, Amla, Steyn ens ook nie so “moeg” nie sou ek graag wou weet. AB het te groot vir krieket geraak. Ja hy was… Lees meer »

koos

Juandre asseblief kyk net bietjie dieper voor jy sulke stellings maak: AB het net 6 van sy span se 12 ligawedstryde gespeel in die BPL. Hy het nog lekker vakansie gehou en laat gegaan en die span se 7de wedstryd was sy 1ste wedstryd. Die span waarvoor hy speel is nou in die uitspeel rondtes en hy is weer by die huis. In die Pakistan reeks gaan hy letterlik net 2 of 3 wedstryde speel wat so in die nuus noteer is. So aan almal: Ja hy is moeg en ja hy spandeer baie tyd saam met sy famile en… Lees meer »