Aussies: Van 113/7 na wedstrydwenners

Marnus Labuschagne is as die speler van die wedstryd aangewys. (Foto: Twitter/ICC)

As Temba Bavuma die gom was wat Suid-Afrika se kolfbeurt bymekaar gehou het, dan moet Marnus Labuschagne ongetwyfeld die vuurhoutjie wees wat Australië se vreugdevure aangesteek het.

Australië het die eerste eendagwedstryd teen Suid-Afrika in Bloemfontein met drie paaltjies beklink nadat die besoekers in ʼn stadium met hul telling op 113/7 gesteier het.

Maar Labuschagne – wat nie deel van die Aussies se Wêreldbeker-planne is nie – het met sy beurt ʼn sterk boodskap aan die keurders gestuur: Hy is ʼn baie goeie witbalkrieketspeler.

Die Klerksdorp-boorling het weer eens sy rol as ʼn harsingskudding-plaasvervanger uitstekend vertolk. Hy moes nou Cameron Green se skoene volstaan nadat een van Kagiso Rabada se aflewerings hom teen die kop getref het.

Suid-Afrika se boulers het weliswaar met ʼn paar goeie balle vorendag gekom, maar hulle het terselfdertyd ook hopeloos te veel swak aflewerings opgedis en Labuschagne kon saam met Ashton Agar ʼn teenaanval uitvoer.

Hulle het ʼn onoorwonne vennootskap van 112 lopies om die negende paaltjie geniet om toe te sien dat Australië die wedstryd in die 41ste boulbeurt beklink het.

Vroeër het Bavuma so te sê manalleen staande teen die Aussie-boulers gebly.

Die Protea-kaptein het 114* lopies van 142 aflewerings aangeteken en hy was daar met die eerste aflewering van die Suid-Afrikaanse kolfpoging en toe Josh Hazlewood die laaste paaltjie van die beurt laat kantel het.

Hy is weliswaar twee keer – met sy telling op 2 en weer op 88 – amper uitgevang, maar hy het slegs die tweede Suid-Afrikaner geword om vir die hele beurt staande te bly terwyl die res van die span se kolwers almal die tog terug na die kleedkamer moes aanpak.

Herschelle Gibbs was in 2000 die eerste om dié prestasie te vermag.

Die tweede wedstryd in die reeks word Saterdag om 13:00 beslis en die aksie word op SuperSport uitgesaai.

  • Opsomming van telkaart:

Suid-Afrika 222/10 in 49 boulbeurte: Temba Bavuma 114*, Marco Jansen 32 en Josh Hazlewood 3/41.

Australië 225/7 in 40,2 boulbeurte: Marnus Labuschagne 80*, Ashton Agar 48* en Gerald Coetzee 2/44.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Piet 6 ·

Kom ons kyk nou die kommentare. Gister was sekere mense hier baie vinnig om kritiek te lewer op wie begin kolf het. Wie is die enigste kolwer wat die volle 49 boulbeurte staande gebly het en die enigste 100 tal in die wedstryd aangeteken het,?

Piet 6 ·

As ons Liewe Vader hom wit geverf het, was julle kommentare en duimpes heeltemal andersom. Dit is wat verkeerd is.

Frank ·

Hy’s op 2 laat val. Maar ja, ek ys om te dink wat die telling sou gewees het as hy nie lopies gekry het nie. Maar dit maak hom steeds nie wereldklas nie.
In die land van die blindes is een-oog koning.

piet ·

Kaptein Bavuma teken meer lopies aan as die hele res van die span tesame. Ons beste kolwer by verre.

kragaap ·

Daar vou die blommetjies weer. Nadat hul die wedstryd in die sak gehad het. Politiek en kwota kaptein soos ek gesê het.

piet ·

Die boere kan nie bat of boul nie, useless. Ek stel jukskei of volkspele voor.

kragaap ·

Definitief parkeer dus maar in die straat om dieselfde uitkoms te vermy.

Kuver ·

Die kaptein was nie eers op die veld toe die Ausies gekolf het nie…..klink nogal bekend ne as jy nou dink aan die sa rugby span

Frank ·

Nee, dit wys net hoe vrot die res van ons span is. Konsekwentheid is die antwoord.

kragaap ·

Van Der Dussen 2, de Kock 8, Klaasen 30, Bavuma 32. Wisden ODI kolf ranglys. Sekere ouens eet hul woorde.

kragaap ·

O ja, en David Miller op 18. So ek sou sê daar is ‘n paar lokale kolwers vêr voor kB op die ranglys. Bring my weer by volkspele……

piet ·

Ons haak vas op huidige ranglysie, niks te doen met algehele average (van alle tye) nie.

Fran ·

Hy was BAIE gelukkig. Moes op 2 gestap het maar is misgevang. Sy volgende 6 powere pogings lê en wag.

piet ·

Bavuma het reeds meer lopies aangeteken in 1 beurt as wat kwota Markram die hele reeks sal kry.

kragaap ·

En as kaptein is sy rekord power en gaan nog verder agteruit met die huidige slagting teen die Aussies. Maar 32 ste op wêreld ODI kolfranglys, maak nie die Indies liga eers nie.

piet ·

Jy moet lank genoeg kan kolf om al die balle te gebruik. Dis iets wat die ander nie kan doen nie. Dis ‘n gawe.

kragaap ·

En om die wedstryd te verloor na die span in ‘n wen posisie was lyk na een van sy grootste gawes.

kragaap ·

Huidige Wisden ODI kolwer ranglys:

Van Der Dussen: 2
De Lock: 8
Klaasen: 30
Bavuma: 32

kragaap ·

Dis die global averages vir 2023 maw op huidige vorm. Van alle ODI kolwers wat huidiglik speel. Help nie jy vergelyk jou kapteintjie net lokaal nie. Selfs sy spanmaats is beter as hy. Wil jy nou stry met Wisden ? Nog baie om te leer.

piet ·

Wil jy stry met die algehele averages of kyk jy net na die laaste 5 wedstryde of so? Ek dink hy sou gespring het self op niksseggende Wisden na hierdie spogbeurt. Boonop kan jy nie punte verdien op Wisden as jy nie speel nie. Bavuma was beseer so jy kan maklik van nommer 5 na 50 val as jy in 12 maande nie veel gespeel het nie. Soos ek se, bollie ranglys, beteken niks. Career average bepaal hoe goed jy is nie nadat jy ‘n paar wedstryde teen vis en tjips spannetjies gespeel het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.