Botha skitter vir SA legendes

Jonty Rhodes en Johan Botha vier ’n paaltjie. Foto: Twitter.

Die 40-jarige Johan Botha het gister die horlosie in Kanpur teruggedraai toe hy vier Nieu-Seelandse kolwers terug na die kleedkamer gestuur het.

Die draaier se vernuf – saam met Andrew Puttick se flitsende kolf – het toegesien dat Suid-Afrika se krieketlegendes vir die Kiwi’s met nege paaltjies in die Road Safety-wêreldreeks geklop het.

Benewens Botha en Puttick kan die Suid-Afrikaners ook op die vaardighede van Jonty Rhodes, Henry Davids, Jacques Rudolph en Morné van Wyk steun.

Die 53-jarige Rhodes het juis vroeër in die reeks 38 onoorwonne lopies vanaf 27 aflewerings teen Indië gemoker.

Ná hul twee wedstryde is die Suid-Afrikaners tans vierde op die punteleer. Hulle speel weer Saterdag teen Sri Lanka.

  • Opsomming van telkaart:

Nieu-Seeland 99/8 in 20 boulbeurte: Dean Brownlie 48, Johan Botha 4/11 en Thandi Tshabalala 3/9.

Suid-Afrika 100/1 in 13.3 boulbeurte: Andrew Puttick 51* en Alviro Petersen 29*.

  • Spanne:

Suid-Afrika: Morné van Wyk, Andrew Puttick, Alviro Petersen, Jacques Rudolph, Jonty Rhodes (kaptein), Henry Davids, Johan van der Wath, Eddie Leie, Garnett Kruger, Johan Botha en Thandi Tshabalala.

Nieu-Seeland: Aaron Redmond, Anton Devcich, Dean Brownlie, Ross Taylor (kaptein), Neil Broom, Jacob Oram, Craig McMillan, Gareth Hopkins, Bruce Martin en Shane Bond.

  • Bepalings:

17 September: Suid-Afrika teen Sri Lanka

19 September: Suid-Afrika teen Engeland

23 September: Suid-Afrika teen Australië

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.