Conrad en Walter gaan Proteas brei

Rob Walter (links) was voorheen die Proteas se kondisioneringsafrigter. Foto: Deshakalyan Chowdhury/AFP.

Krieket Suid-Afrika (KSA) het vandag die nuus amptelik bevestig dat Shukri Conrad en Rob Walter aan die stuur van die Protea-krieketspan sal wees.

Conrad sal aan die stuur van die toetsspan wees, terwyl Walter oor die witbalkrieketspanne sal toesig hou.

Maroela Media het gister berig dat Conrad onlangs in beheer van die jong Suid-Afrikaners by die o. 19-Wêreldbekertoernooi was waar hy eerstehandse ervaring van ʼn opkomende ster soos Dewald Brevis opgedoen het.

Die 56-jarige afrigter was plaaslik ook deel van die Lions- en die Cobras-opset.

Op sy beurt het Walter die kondisioneringsepter vir die Proteas geswaai toe hulle op die kruin van veral die toetskrieketgolf tussen 2009 en 2013 gery het.

Hy het ook ʼn paar trofees saam met die Titans gewen en is deesdae ʼn suksesvolle afrigter in Nieu-Seeland waar hy onder meer die Otago Volts se herlewing ingelui het. Daarbenewens het die Pune Warriors en die Delhi Daredevils ook al van sy dienste gebruik gemaak.

Al twee afrigters sal op 1 Februarie by hul nuwe rolle inval. Dit beteken dat Walter eers amptelik deel van die aksie tydens die derde eendagwedstryd tussen die Proteas en Engeland sal word.

Hy sal egter in die voorafgaande wedstryde by die spankeuses betrokke wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wit Leeu ·

AG, SHAME ! ALLE STERKTE VIR JULLE HOOR………………………………

Hennie Biebouw ·

Conrad het ‘n roemryke loopbaan as plaaslike afrigter..ook internasionaal as afrigter van Oeganda….
Dinge behoort klopdisselboom te gaan van hier af…

Terloops, mens wonder steeds waarom Russell Domingo ooit laat gaan is…

kragaap ·

Ha ha binnekort kan die blommetjies net teen Zim, Kenya en Uganda meeding ……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.