
Australië se krieketspan. Foto: Twitter.
Australië se T20-krieketspan het nie die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging gedurende die afgelope reeks teen Engeland gebuig nie.
Die Engelse het die reeks met 2-1 gewen, maar Aaron Finch se span is steeds die beste T20-groep in wêreldkrieket.
“Ons glo dat opvoeding rakende die kwessie belangriker is as protes. Ek het vooraf met Eoin [Morgan, Engeland-kaptein] gepraat en ons wou nie spesifieke gebare soos voorheen doen nie,” het Finch gesê.
Engeland het in die reeks teen die Wes-Indiese Eilande die knie gebuig, maar in die daaropvolgende reeks die gebaar stopgesit.
“Ons is ongelooflik trots om ’n sport te beoefen wat oor die wêreld heen deur enigiemand gespeel kan word. Dit maak nie saak wat jou ras, geloof of nasionaliteit is nie – krieket is ’n spel vir almal.”

Naomi Osaka. Foto: Twitter.
Intussen het die Japanse tennisster, Naomi Osaka, ’n gesigmasker met George Floyd se naam daarop gedra toe sy op die baan vir haar kwarteindstryd in die Amerikaanse Ope gestap het.
Sy het Amerika se Shelby Rogers met 6-3 en 6-4 gewen om na die halfeindstryd deur te dring.
Osaka het haar vroeër uit die halfeindstryd van die Western & Southern Ope onttrek om teen rasseongelykheid en -diskriminasie protes te lewer. Dít volg nadat nóg ’n swart man, Jacob Blake, deur polisie in Wisconsin, VSA, geskiet is.
“Ek is eerstens ’n swart vrou voordat ek ’n atleet is. En as swart vrou voel ek dat daar baie belangriker dinge is wat eerder aandag moet geniet as om te sien hoe ek tennis speel,” het sy gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Hoop die Proteas neem kennis. Stem saam met A Finch…sport is oop vir almal wat kan
Well done Australia.
Ek kry sommer nuwe respek vir sir Aussies – wonder of hulle minister van sport n kabaal gaan opskop.
Hoop slapknieë Pienaar, Smith , de Villiers en du Plessis kyk en leer.
Respek manne !!