Maharaj neem sy 100ste toetspaaltjie

Keshav Maharaj vier ’n paaltjie. (AP Photo/Mahesh Kumar A.)

Keshav Maharaj mag dalk sy 100ste toetspaaltjie geneem het toe Quinton de Kock vanoggend vir Ajinkya Rahane van sy boulwerk uitgevang het, maar Indië – en veral Virat Kohli – is besig om die Protea-boulers stukkend te slaan.

Die veglustige Kohli het pas sy 250-tal aangeteken en Indië spog met ’n reusetelling van 601/5 (verklaar) in hul eerste kolfbeurt.

Kohli is skitterend deur Ravindra Jadeja (91) bygestaan en die twee het 225 lopies om die vyfde paaltjie aangeteken.

Toe Jadeja uiteindelik uitgevang is, het Kohli die beurt verklaar met sy individuele telling op 254* – sy  hoogste telling in toetskrieket.

Hoewel Maharaj slegs die 17de Suid-Afrikaanse toetsbouler geword het om 100 paaltjies in dié formaat te neem, het sy paaltjie teen ’n duur prys gekom.

Hy het sy beste gegee, maar sy boulontleding in hierdie beurt sorg vir hartseerleesstof. In 50 boulbeurte het hy 196 lopies afgestaan teen amper vier lopies per boulbeurt.  Daar is sommige kenners wat meen dat Faf du Plessis te kwaai op Maharaj staatgemaak het en dat hy te veel boulbeurte afgestuur het.

Maharaj het sy skouer beseer en is as voorsorgmaatreël aan die spel onttrek.

Suid-Afrika se draaiers, wat Maharaj, Senuran Muthusamy, Dane Piedt, Dean Elgar en Aiden Markram insluit, handaaf tans ’n gesamentlike boulgemiddeld van 102.88 in hierdie reeks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Viss ·

Dit is wat gebeur as jy ñ amateur gebruik om ñ Nasionale span af te rig net omdat die kleur reg is.

jakes ·

Die Proteas maak net skandes in India. Dit gaan baie lank neem om weer n nasionale span te kies wat ons kan trots maak. Ons boulers is onder standaard terwyl die kolwers voort ploeter. Proteas alweer diep in die moeilikheid op 39/3 terwyl Kohli verklaar het op 601. Kies liewer n afrigter en keurders uit die aftree oord asook spelers tussen 60 en 80 jaar oud. Dan kan ons hul spel nie kritiseer soos nou nie. Die Proteas hoort in die sirkus.

K P ·

Die hele span saam met hulle afrigters is n klomp patete. Dit het jy nou van n krieket span wat op ras grond gekies word. Gelukkig het my TV n knoppie wat sê” af”

Vita ·

Dit was 1 groot skande toe die doelers mekaar begin vloej op die veld, Rabada hou hom groot mnr, gelukkig het De kock nie stil gebly nie,wat dink die mense as spanlede mekaar vloek

Rupert Ashford ·

Dit is jou volgende Proteas kaptein waarvan jy daar praat. Raak gewoond daaraan.

aj ·

Almal het vooraf geweet … die Vroteas gaan inplof a.g.v. BEE en AA!

Kwotas werk nie!

Kom ons probeer weer ‘meriete” … soos die res van die wêreld?

Selfde gaan gebeur by die wêreldbeker rugby.

Selfs die DA het ‘gecrash’ a.g.v. BEE en AA.

Ons talentvolle mense moet liewer vir ander lande gaan deelneem.ĺ

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.