Oudkolwer sê administrateurs moet die skuld kry

Die Proteas moes bontstaan in die toetsreeks teen Indië.(AP Photo/Aijaz Rahi)

Dit het al vantevore sleg met die Suid-Afrikaanse krieketspan gegaan – dink aan al die nederlae in die Shane Warne/Ricky Ponting-era teen Australië, byna elke Wêreldbeker-toernooi en die Hansie Cronjé-sage. Maar nog nooit het die Proteas só sleg verloor soos in die afgelope paar maande nie.

Eers was daar die tuistoetsreeks-nederlaag teen Sri Lanka, die Wêreldbeker-fiasko in Engeland en nou die vernederende pak slae teen Indië.

Dit het vanoggend vir Indië net 12 aflewerings geneem om van die laaste twee Protea-kolwers ontslae te raak om die derde en laaste toets met ’n reusagtige beurt en 202 lopies te wen.

Toegegee, die loot is ’n belangrike faktor in Indië en Faf du Plessis was ’n hele paar keer aan die verkeerde kant van die muntstuk, maar om vir Temba Bavuma (onderkaptein) te stuur om die lootwerk vir die derde toets te doen, was, in Graeme Smith se woorde, “ ’n patetiese oomblik”.

’n Span kyk na ’n kaptein vir leiding en om nie te gaan loot nie bloot omdat die muntstuk ’n paar keer verkeerd vir jou gespring het, stuur nie ’n baie positiewe boodskap uit nie.

Dan was die kolwers glad nie opgewasse teen die Indiese boulers nie, terwyl die Protea-boulaanval sonder oemf was.

Maar, sê Jacques Rudolph, die spelers en kaptein verdien nie alleen die skuld vir die vrot vertonings nie.

“Tans kry ek die Protea-spelers bitter jammer, maar ’n vis verrot van sy kop af ondertoe. Krieket Suid-Afrika moet volle verantwoordelikheid aanvaar vir die huidige stand van krieket in ons land; soos wat ons in die Wêreldbeker en tans teen Indië gesien het,” het die voormalige Protea-kolwer getwiet.

Sedert die Wêreldbeker-toernooi is Ottis Gibson en sy afrigterspan in die pad gesteek en daar word beplan om ’n sokkeragtige benadering tot die nasionale krieketspan te volg met ’n direkteur van krieket, ensovoorts.

Enoch Nkwe het die span in Indië afgerig.

  • Intussen het Faf du Plessis aangedui dat hy as die kaptein van die toetsspan sal aanbly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Neels ·

Ek dink Faf is ook een van die oorsake van die probleem. Solank hy nog daar is gaan ons aanhou sukkel

HAB ·

Faf, Amla die lys gaan aan. Hulle is nie naby aan die standaard wat manne soos pollock en cronje ens was nie.
Patetiese krieket spelers.

cb ·

Ek weet nie of dit die spelers, die afrigters of die adminstrateurs is wat droog maak nie. Nie een van hulle die reg het om die krieket publiek so te verneder nie.

MH ·

Ek het dit al voorheen gesê en ek sê dit weer: So lank as wat Enoch Nkwe en sy bende kaders in beheer is van Suid-Afrika se krieket gaan dit maar dieselfde pad loop as Eskom, SAA, Denel, munisipaliteite, ens.

Vita ·

Ek dit Faf en die bestuur se skuld, die afrigter kan ook skuld dra maar hy het nie vra vd werk nie, watter afrigter gaan nee , en ons het nie diepte nie, ons beste manne speel in Engeland, Abbot so baie goed gedoen het , en die kwota stelsel bring net meer kopseer, die mense is net nie goed genoed vir toets vlak nie, Rabada al wat redelik was, en dit gaan nie beter word nie, krieket SA op Pad grond toe, en hulle daar om te bly

Andre ·

Ons krieket is al n paar jaar gelede verby/dood. Die plaaslike reekse is so swak dat daar geen hoop is vir die nasionale span nie. Ons sal al meer sien dat afrikaanse vanne in oorsese spanne opduik. Op skole vlak is daar tonne gehalte spelers baie better as 20 jaar gelede net een probleem hulle voldoen nie aan die kwota vereistes nie. Dit is so hartseer die onreg wat kinders vandag weer aangedoen word . Kinders soek helde om na optekyk nie narre nie. n Nasionale wenspan kweek liefde vir die spel en bring nuwe spelers na die tafel.

MG ·

Andre, ek stem saam met jou dat daar genoeg kwaliteit op skoolvlak is, maar hulle gaan verlore as gevolg van die kwota stelsel. Onlangs weer gesien met proewe vir hoërskool waar van die kwota spelers wat gekies word, baie swak vertoon het tydens proewe maar steeds gekies word. Ek het volledige statistiek om dit te bewys. Uit ‘n span van 12 of 13 moet 7 spelers van kleur wees. Die ironie is dat meeste van hierdie spelers van kleur in duur privaatskole is. Hulle is dus glad nie agtergeblewe nie en kry van kleins af baie meer geleenthede as baie van die wit spelers. Sommige wit spelers word egter ook gekies sonder dat hulle presteer net omdat hulle “favourites” is en die ouers met al wat keurder is hand om blaas staan. Ongelukkig gaan baie van hierdie talent verlore omrede hulle net moed opgee om verder teen die stelsel te baklei. So verlaag die standaarde van ons krieket op elke vlak. Ek kan ongelukkig nie sien dat dit gou gaan verbeter nie.

Stephanus ·

Gelukkig het ek opgehou om krieket te kyk. Hierdie polities korrekte bestuur, afrigter en spelers is ‘n verleentheid vir SA.

Karlahari ·

Another failed government enterprise…..
En dis nie vienna’s en polonie nie….

AB ·

Ontbind SA krieket en dank die administrateurs, spelers en afrigters af. Verban hulle ook sommer om ooit weer naby groen gras, enige hout plank en enige ronde rooi voorwerp te kom. Bou ‘n monument en stel ‘n nasionale vakansiedag in om ons aan die goeie ou dae te herhinder. Hulle het geword soos SAL, SABC, TRANSNET en elke staatsinstansie. ONREDBAAR!!!!

Koos ·

En dan word gevra hoekom AB geloop het. Hy het dit sien kom en was nie bereid om verneder te word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.