Proteas dra steeds ‘choke-etiket’

Die Proteas het vandag teen Nederland verloor. Foto: Twitter.

In die aanloop tot die T20-Wêreldbekertoernooi het niemand juis geglo dat die Proteas veel van ʼn kans het om die silwerware in Australië omhoog te hou nie.

Maar ná goeie vertonings teen Indië en Bangladesj, en danksy die flitsende kolf van ʼn David Miller en die vurige boulwerk van ʼn Anrich Nortjé, het die span sy ondersteuners ʼn rede gegee om te begin glo.

Oudergewoonte het die Suid-Afrikaners egter weer dinge vir hulself moeilik gemaak toe hulle die afgelope Donderdag teen Pakistan die onderspit gedelf het. Vandag se nederlaag teen Nederland is die kersie op ʼn baie bitter koek wat die Proteas maar alte gereeld by groot uitkloptoernooie moet eet.

Die Nederlanders – met hul Suid-Afrikaans gebore spelers voor in die koor – het die Proteas met 13 lopies in Adelaide geklop.

ʼn Vinnige kuipstop op koers na die uitspeelwedstryde het eensklaps in ʼn nagmerrie vir Temba Bavuma-hulle ontaard.

“Dít is ʼn baie bitter pil om te sluk. Ons het vertroue in ons vermoëns gehad om vir die uitspeelwedstryde te kwalifiseer, maar ons kon dit nie doen nie. Ons het verloor toe dit saak maak,” het die Protea-witbalkrieketkaptein ná afloop van die wedstryd gesê.

Vir Mark Boucher, wat die tuig as Suid-Afrika se hoofafrigter hierna neerlê, moet dit net so ʼn groot teleurstelling wees.

Die oudpaaltjiewagter is iemand wat daarvan hou om krieketwedstryde te wen en hy sou graag sy Protea-afrigtersloopbaan op ʼn hoë noot wou afsluit.

“Hierdie nederlaag is doodeenvoudig ons eie skuld,” was Boucher se raakvat-ontleding.

Die Nederlandse boulers het beter as die hoogaangeskrewe Suid-Afrikaanse snelbattery gevaar. Slegs die blitsige Nortjé het eintlik vir enige Hollandse hoofbrekens gesorg.

“Hulle het die toestande beter as ons gelees en vinniger daarby aangepas. In ʼn neutedop het ons nie geboul soos wat ons moes nie en ook nie gekolf soos wat ons moes nie.”

Dit is die soveelste keer by die soveelste toernooi dat die Proteas nie die wa deur die drif kon trek nie. En volgens Bavuma sal die choke-etiket altyd gedra word tot die dag wanneer die Suid-Afrikaners uiteindelik in die eindstryd van ʼn Wêreldbeker speel.

En wanneer daardie dag eendag sy verskyning sal maak, is ʼn ope vraag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

piet ·

Dis ‘n skokkende nederlaag, baie swak. Gelukkig het ons hierdie keer nie juis veel hoop gehad vir die span nie, maar nogtans….

Vonkprop ·

As jou verwagtinge baie laag is, is die skok veel ligter. Nederland en nederlaag klink baie dieselfde. Dalk het dit in hulle koppe gemaal.

MAGRIETHA ·

Ja da n paar spelers wat nie n goeie reeks gehad het nie Rabada bv het die hele reeks nie goed geboul nie baie lopies afgestaan laaste wedstryd 13 per beurt , Parnel nie goed nie ,Shamsi al lankal van die wa af , hoekom het Hendriks wat op dreef is nie n kans gekry nie,al die kolwers met uitsondering van Miller moet gaan terug kyk en die foute by hul soek ook, di ander vinnige bouler kan nie op sy naam kom nie hoekom het hy nie kans gekry,,Ngidi ook nie goed nie en die ouens boul al lankal nie goed nie so da moet na die afrigter span dringend gekyk word veral die boul en kolf afrigting span

George ·

En rilee het ook net 1 of twee keer perform, asook markram. Die wys weer, ons manne het perform toe die druk nie daar was nie, eerste teken van druk en ons knak (teen pakistan eerste) en toe teen nederland. Ons het spelers wat entitled is, en nie plek verdien nie, en dis nie net kwotas nie.

Frans ·

Die ergste van alles is dat die spelers in Nederlands se span wat weens regeringsbeleid nooit die span (Proteas)kon gehaal het nie juis die Proteas se baas was.

MakersMark ·

Presies. Nogales ironies. Suid Afrikaners klop Suid Afrikaners.

piet ·

Die ouens in die Nederlands span kon nie die Protea span op meriete haal toe hulle hier gespeel het nie (behalwe Roelof vd Merwe en hy het vir die Proteas gespeel sover ek weet). Die regeringsbeleid het niks te doen gehad daarmee dat hulle nie die span kon haal in SA nie, hulle was bloot net nie goed genoeg nie.

Jakkie ·

@ piet….hier is span van huidige spelers wat ek dink die span op meriete kon maak maar nou oorsee speel as gevolg van regeringsbeleid oor “teikens” in die span
1.Keaton Jennings (Eng)
2.Jason Roy (Eng)
3.Colin Munro (NZ)
4.Marnus Labuschagne (Aus)
5.Devon Conway (NZ)
6.Glenn Phillips (NZ)
7.BJ Watling (NZ)
8.Tom Curran (Eng)
9. Michael Neser (Aus)
10. Neil Wagner (NZ)
11. Ryan Ten Doeschate

MakersMark ·

Dink die huidige protea spelers is nie goed genoeg nie.

Witbaard ·

SA se beste spelers was nie daar nie. Hulle word bloot nie gekies nie, of hulle speel reeds vir ander lande.

piet ·

Watter van daai spelers dink jy sal die SA toetsspan haal? Ek kan aan 2 dink, dalk Labuschagne en Conway. Maar Labuschagne het sy skoolloopbaan in Australie voltooi so was basies reeds ‘n Aussie (so hy tel nie) terwyl Conway glad nie “perform” het toe hy in SA gespeel het nie. Om die waarheid te se, ek het nog nooit van Conway gehoor voor hy begin skitter het vir NZ nie en hy is al 31-jaar oud.

david ·

En al knielende is hulle weer in die krieket duisternis in…..
Ja dit was weer kniel-tyd, vuis-in-die -lug om weer SA se rasbehepte krieket base
se guns te wen,
Hulle het die Nederanders heeltemal onderskat (en ook ‘n hele paar ander spanne)
Dalk te veel politieke druk ? Hoe weet ons watter boodskappe hulle van KSA ontvang
voor elke wedstryd ?
Ai, die arme Knielende Knape ….!

George ·

en Quintin, Markram, Rilee ens, wat het hul begedrae in die nederlaag?

piet ·

Nee, maar hy het ons van ‘n absolute vernedering teen Pakistan gered.

MakersMark ·

En deel gewees van ‘n astronomiese vernedering teen vernederland.

Snuffelgids ·

En toe betaal ons die prys teen Nederland, help nie om n pleister op die Titanic te plak nie, dit gaan sink. Temba se beurt teen Pakistan het meer skade gedoen as goed. Arme Reeza, my hart is seer vir hom…in die vorm van sy lewe en dra net koeldranke…skande. Jammer Reeza

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.