Rabada uit vierde toets

Kagiso Rabada. (AP Photo/Halden Krog)

Suid-Afrika sal sonder die dienste van sy hoofaanvalswapen, Kagiso Rabada, vir die vierde en finale toets teen Engeland op die Wanderers wees.

Die vurige blits is weer deur die Internasionale Krieketraad oor die vingers getik ná sy feesvieringe toe hy vir Joe Root in Port Elizabeth skoongeboul het.

Op mak blad – waar boulers hard moet werk om ’n paaltjie te kry – het Rabada vir Root met pure spoed oorrompel. Sy aflewering was binne ’n oogwink deur ’n gaping in die Engelse kaptein se verdediging en sy wegpen is teen 142 km/h getref.

Met adrenalien wat deur sy are bruis, kon die 24-jarige blits nie sy emosies beteuel nie en hy het tot langs Root gehardloop en kliphard geskree.

Soos wat hy vroeër in ’n onderhoud gesê het: “Wanneer jy met emosie speel, word jy gevaarlik.”

Dit is egter nie die eerste keer dat Rabada in die sop was weens sy feesvieringe nie: In 2018 was hy ook in die sop toe hy vir Steve Smith en David Warner uitgehaal het.

Rabada is nou ná die Root-voorval met 15% van sy wedstrydgeld beboet en hy sal ook die volgende toets teen Engeland misloop.

Die amptelike klagte is deur Rod Tucker, Bruce Oxenford, Joel Wilson en Allahudien Paleker (skeidsregters) ingedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

dries ·

aggenee Kagiso, leer jy nie?
Geen speler mag groter as die game raak nie.
groete

Valerie ·

Rabada is maar net een van vele wat verleenthede in eb vir SA sport is; nothing new. Bye.

Middelmatigheid ·

Dis belaglik. As jy passie in sport straf moet jy nie kla wanneer toeskouers begin wegbly nie.

Koos ·

Hoe stem ek nou saam met jou, tenvolle.
Nog erger vir my is Engelsmanne vloek SA speler, maar net een kry presies dieselfde straf as Rabada.
Kagiso, doen my ‘n guns en vloek sommer volgende keer die spelers asb.

Sakkie ·

Aag asb… Na my mening is daar niks fout om uiting te gee aan jou emosies op die sportveld nie. Dis deel van die spel. Ek besef egter nou die mense met die dik brille (politiek of sport) probeer jan alleman in n ander denk rigting forseer. Selfs die “chirp” van Jos Butler op Vernon word uit verband geruk. Daar word baie erger dinge op sport velde gese. Tel julle pienk sakdoek op asb. Hoe mis ek nou vir Andre Nel.

m.d.r ·

@Koos–nee man, Rabada moet net in sy eie taal die Engelsman vertel om te waai…
Niemand in die IKR gaan dit ooit begryp nie…! ?

Miskien moet die IKR sy grondwet nader trek en KSA en die regering se rassistiese inmenging in krieket bekyk…..veral die kwota stelsel…!

Eddy ·

Ek was nog nooit n Rabada-man nie.Sy arrogansie kan mens n myl ver sien.Hy het ook teen Steve Smith so opgetree,gelukkig vir hom,was sy apel suksesvol,te danke aan n vuurvreter regsverteenwoordiger.In enige sport kan swak dissipline jou die game laat verloor.Rabada moet dit begin besef.So n insident maak ook afbreuk aan die spel.

John ·

… nee wat, Radaba boul nie… hy probeer die kolwers stenig… Swak. Hy kan dalk nie tot by die paatjies boul nie. Al sy ‘stene’ trek net tot in die middel. Dis verbasend dat hy ook nie vir gooi vasgevat is nie.

Scoreboard ·

Frustrasie! Die Engelse wys hoe goed hulle is en hoe swak ons span eintlik is!

Dawie ·

Reels is reels. Of jy daarvan hou of nie. Of dit regverdig is of nie. Of dit eerlik of oneerlik toegepas word of nie. Reels is reels. Speel binne die reels. As jy buite die reels speel moet jy gestraf word. Op die veld en finansieel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.