Temba het steeds bomskok; KSA wil vorentoe kyk

Temba Bavuma. Foto: Dibyangshu Sarkar/AFP.

Die Proteas het vandeesweek ʼn bietjie vroeër van die T20-Wêreldbeker in Australië teruggekeer as wat aanvanklik gehoop is. En volgens Temba Bavuma sukkel die span nog om tot verhaal te kom.

Hul skoknederlaag teen Nederland het gesorg dat die Suid-Afrikaners vir die soveelste keer nie vir die uitkloprondes van ʼn groot internasionale toernooi kon kwalifiseer nie.

“Dit is nou ʼn paar dae ná die wedstryd en ek probeer steeds om alles te verwerk. Ons is nie meer heeltemal so emosioneel as wat ons ná die wedstryd was nie, maar die gevoel van teleurstelling en ongeloof is beslis nog hier,” het die Proteas se witbalkrieketkaptein gesê.

Krieket Suid-Afrika (KSA) het intussen aangedui dat hy ʼn oorsig oor die span se hartseer vertoning by die mik-en-mokerskouspel wil doen.

Enoch Nkwe, nasionale direkteur van krieket, het dit egter benadruk dat daar nie te lank oor die lykskouing getob moet word nie; ʼn rooibalkriekettoer na Australië is immers om te draai.

“Dit is belangrik dat ons dinge in oënskou moet neem en ons is besig om ʼn paneel op die been te bring om te verseker dat dit so klinies as moontlik afgehandel word. Dit is egter terselfdertyd noodsaaklik om die hersetknoppie te druk en op die komende wedstryde te fokus.”

Dit is egter makliker gesê as gedaan – dit het sommige spelers ʼn hele ruk geneem om oor die teleurstelling van die 2015-Wêreldbeker te kom.

Volgens Nkwe sal KSA ook aanspreeklikheid vir die jongste krieketfiasko moet aanvaar.

“Wanneer die uitslae nie na wense is nie, sal daar altyd vingers na die nasionale beheerliggaam gewys word. Dit maak egter nie saak of die span wen of verloor nie, ons sal hulle altyd ondersteun,” het die 39-jarige oudspeler verseker.

Intussen sal Keegan Petersen nie saam met sy spanmaats na Australië reis nie. Die Dolphins-kolwer het sy dyspier in die plaaslike T20-eindstryd teen die Titans beseer en hy kan vir tot agt weke op die krukkelys wees.

Rassie van der Dussen is egter weer gereed vir aksie nadat hy sy vinger in Engeland gebreek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Leon ·

Wonder net waar hul gaan soek vir die “herstelknoppie” dit is baie ver buite hul bereik, indien nie permanent weg

Sobymykoolkop ·

Hy moes lankal bedank het as hy enige trots gehad het. Kwota kaptein
Finish en klaar.

Witbaard ·

Van der Dussen kannie eers met n ongebreekte vinger iets regkry nie

MakersMark ·

So uit plek uit soos ‘n pofadder in ‘n hoenderhok.

Hennie Biebouw ·

Hoe tpies is dit nie, vir ‘n kader organisasie soos KSA, wat pal knielende vasklou aan die verlede, om wanneer dit hul pas, te wil “vorentoe” kyk..

Wit Leeu ·

Die knaap hoort nie in die span nie, punt ! Gelukkig weet almal hoekom hy daar is ! Die hele KSA is soos Eskom, ‘n groot FLOP !

George ·

To be fair, ons het ook nerens gekom met Smith, AB, Faf, Boucher, Kallis, Dippenaar, Gibbs, Pollock(s), Donald :-D

SwartBees ·

Dis waar, maar ons het darem baie beter krieket gespeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.