40-jariges steeds flink voor paaltjies

Suid-Afrika speel in die eindstryd teen Namibië. (Foto: X/Club Cricket SA)

Die Afrikabeker vir krieketspelers ouer as 40 jaar word in Pretoria beslis en Suid-Afrika speel vandag in die eindstryd teen Namibië op die Irene-buiteklub.

Die Suid-Afrikaners, wat deur Warren Dugmore (voormalige Gauteng-speler) aangevoer word, het ʼn onoorwonne pad na die finale wedstryd gevolg.

Benewens hul goeie vertonings teen Zimbabwe en ʼn Suid-Afrikaanse A-span, het hulle ook die Namibiërs met tien paaltjies in die groepfase geklop.

Namibië is toe vir slegs 29 lopies uitgeknikker met Daniel Styer (3/8) en Jaco Castle (2/10) wat onder die kolwers baljaar het.

Dugmore en Brandon Buckley (nóg ʼn voormalige Gauteng-speler) het daarna minder as vier boulbeurte benodig om die wenlopies te slaan.

Suid-Afrika se pad na die eindstryd:

Klop Zimbabwe met 210 lopies

Klop Namibië met tien paaltjies

Klop Suid-Afrika “A” met 50 lopies

Namibië se pad na die eindstryd:

Klop Suid-Afrika “A” met sewe paaltjies

Verloor teen Suid-Afrika met tien paaltjies

Klop Zimbabwe met twee paaltjies

Top-kolwers:

  1. Nathan Jones (Suid-Afrika): 123 lopies in drie wedstryde teen ʼn gemiddeld van 123 en ʼn treftempo van 121,78.
  2. Werner Moolman (Suid-Afrika): 123 lopies in drie wedstryde teen ʼn gemiddeld van 67,96 en ʼn treftempo van 67,96.
  3. Marc Nicolle (Zimbabwe): 109 lopies in drie wedstryde teen ʼn gemiddeld van 54,50 en ʼn treftempo van 165,15.

Top-boulers:

  1. Lundi Mbane (Suid-Afrika): Sewe paaltjies in drie wedstryde teen ʼn gemiddeld van 6,86.
  2. Jaco Castle (Suid-Afrika): Ses paaltjies in drie wedstryde teen ʼn gemiddeld van 9,67.
  3. Hendrik Geldenhuys (Namibië): Vyf paaltjies in drie wedstryde teen ʼn gemiddeld van 10,20.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.