All Blacks ‘opgewonde’ oor Springbok-toets

(Foto: MICHAEL BRADLEY/AFP)

Ondanks al die negatiewe publisiteit ná hul reeksnederlaag teen Ierland, kan die All Blacks nie wag om teen die Springbokke kragte te meet nie.

Die Nieu-Seelanders het amper vier jaar gelede laas in Suid-Afrika gespeel toe hulle ’n aksiebelaaide toets op Loftus Versfeld met 32 – 30 gewen het.

“Wanneer die Springbokke voor hul tuisskare speel, stel hulle nie teleur nie,” het Rieko Ioane gesê.

Die sterk agterspeler was destyds een van die Nieu-Seelanders se helde toe hulle ’n agterstand van 30 – 13 in Pretoria uitgewis het.

“Van die taaiste rugbywedstryde waarin ek al gespeel het, was in Suid-Afrika. Die laaste kragmeting was in bykomende tyd beslis; ons moes werklik diep delf om ’n oorwinning te bewerkstellig. Maar as ’n rugbyspeler wil jy juis deel van sulke wedstryde wees.”

Met plaaslike rugbyspanne wat deesde in die Noordelike Halfrond speel, het ’n hele paar lede van Nieu-Seeland se toergroep nog nooit in Suid-Afrika gespeel nie.

“Ja, ’n paar van die ouens het nog nooit die Suid-Afrikaanse toeskouers ervaar of teen die Springbokke op hul tuisveld gespeel nie. Dit gaan beslis iets nuuts vir hulle wees, maar terselfdertyd ook ’n ongelooflike ervaring.”

Baie ontleders – selfs in Nieu-Seeland – het die All Blacks afgeskryf en gesê dat die Springbokke hopeloos te sterk vir Ian Foster se span sal wees.

Tog het Foster (die beleërde Kiwi-afrigter) al ’n hele paar keer na die kritici teruggekap en gesê dat die All Blacks sal speel om uiteindelik met die silwerware weg te stap.

In Suid-Afrika het Jacques Nienaber en Lukhanyo Am ook al gesê dat die All Blacks nie durf onderskat moet word nie. Hulle is immers op hul beste teen die Springbokke en hulle sal alles in die stryd werp om hul kritici se monde te snoer.

“Ons is opgewonde oor die uitdaging en kan nie wag om te speel nie,” het Ioane afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hennie ·

Ek kan nie wag vir Saterdag se wedstryd nie. Gaan iets groots wees

Niklaas ·

Ons moet net nie te erg gerus wees nie. Net soos die SA spelers en ondersteuners is daai New Zealanders fanaties oor hul rugby en hul hou niks van verloor nie , net soos ons. Dit gaan een liederlike taai stryd wees tussen 2 gedugte trotse spanne.

De Villiers ·

Hier kom ‘n ding!

My telling is in die Springbokke se guns 22-18

Druk hulle pap Bokke!!!

piet ·

Sal vreemd wees om ‘n Bok-toets teen NZ te kyk en nie een van die 2 spanne kan tans as die beste ter wereld gereken word nie. Ierland is beslis beter en waarskynlik Frankryk ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.