Die tye wat deur Saru en Wêreldrugby – en gevolglik ook Maroela Media – vir Sondagaand se kwarteindwedstryde van die Vancouver-sewestoernooi aangegee is, is weens die daglig-besparing wat van Sondag af in Kanada geld verkeerdelik as ʼn uur later as die werklike afskoptye aangegee.
Die tydsverskil tussen Suid-Afrika en Kanada is vanaf Sondag nege uur, en die korrekte afskoptye (SA tyd) is dus volgens @BlitzBokke op Twitter soos volg:
Kwarteindwedstryde –
20:08 – Suid-Afrika vs Kanada
20:30 – VSA vs Argentinië
20:52 – Nieu-Seeland vs Engeland
21:14 – Fidji teen Australië
Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak het.
Dankie Maroela vir die inligting. Het nou net na die wedstryd teen Kanada gekyk, geluk aan die Blits bokke. Kan julle ook die tye van die half eindstryde en die finaal vir ons verskaf.