Cheetahs nog onoorwonne in voorbereidingsreeks

Ruan Pienaar. Foto: Twitter.

Frans Steyn het éérs skeef gekorrel en tóé die wenstrafskop tussendeur die pale gejaag om te sorg dat die Cheetahs die Haaie met 39–38 in Bloemfontein geklop het.

Dit is die tweede agtereenvolgende wedstryd wat die Bloemfonteiners met een punt wen, nadat hulle vroeër die Stormers met 34–33 getroef het.

Die tuisspan het egter ’n gemaklike voorsprong van 28–7 deur hul vingers laat glip en moes toekyk hoe die Haaie met ’n terugvegpoging vorendag gekom het wat vir niks skrik nie.

Dit was veral die Durbaniete se plaasvervangers wat amok gemaak het en iemand soos Manie Libbok het ’n sleutelrol in Phepsi Buthelezi en Mpilo Gumede se drieë gespeel.

Maar terug na die Cheetahs.

Die Bloemfonteiners is ongetwyfeld ’n perd van ’n ander kleur met Steyn en Ruan Pienaar in hul beginspan.

Die Cheetahs is aanvallend, speel lekker rugby en wen wedstryde wat hulle dalk sonder dié twee sou verloor het.

Puntemakers:

Cheetahs: Drieë: Ruan Pienaar, Kutha Mchunu, Chris Smit, Malcolm Jaer en Rynier Bernardo. Doelskop: Frans Steyn. Strafskoppe: Steyn (2).

Haaie: Drieë: Grant Williams, JJ van der Mescht, Thembelani Bholi, Werner Kok, Phepsi Buthelezi en Mpilo Gumede. Doelskoppe: Jordan Chait (2) en Manie Libbok (2).

  • In gister se ander wedstryd het ’n jong Leeuspan die Oostelike Provinsie met 54–24 in Gqeberha (Port Elizabeth) geklop.

Puntemakers:

Leeus: Drieë: Strafdrie (2), Dameon Venter, Luke Rossouw, Nathan McBeth, Sibusiso Sangweni, Banele Mthenjane en Ngia Selngbe. Doelskoppe: Tiaan Swanepoel (2) en Jaden Hendrikse (3).

Oostelike Provinsie: Drieë: Christopher Hollis, Zingisa April, Robin Stevens en Courtney Winnaar. Doelskoppe: Karlo Aspelling (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Harry ·

Ek het begrip dat die seisoen skaars begin het. Die eerste wedstryd was ‘n verleentheid vir SA Rugby. Na minder as 3 minute ‘n rooikaart? Nuwe reels gaan maak dat ek nie hierdie wedstryde sal kyk. Patetiese toepassing van die kop gebruik. Sterkte manne, een van die dae gaan julle nie aan die opponent mag raak nie!!!

Frans ·

Hierdie voorbereidingsreeks is ‘n bereik nie sy doel nie want die vier spanne wat in die Noorde moet gaan speel gebruik dit om hul diepte dws hul reserwe krag te toets.
Dit kan slegs in sy doel slaag wanneer die vier spanne hul volsterkte spanne speel want dit is hulle wat moet wys wat in hul steek.
Die feit dat die Cheetahs van die reserwekrag spanne klop met ‘n punt sê mi meer vir die spanne as vir die Cheetahs..n Mens sou graag volle Superrugbyspanne in aksie wil sien om te bepaal waar hul werklik staan.
Dus ‘n volsterkte Bullespan teen die Cheetahs,Wen die span ver is daar hoop-sukkel hul teen die Cheetahs bly dan eerder by die huis want dan gaan jy oorsee ook sukkel.

Lian ·

Die feit dat spanne sukkel teen die cheetahs , laat die vraag ontstaan of die reenboogreeks. nie maar ‘n herhaling van die superreks gaan wees en ons spanne kous oor die kop huis toe kom nie . Daarby nog ‘n vraag : wat van die cheetahs , griekwas en kings ? Is daR enige vordering met onderhandelinge oor ‘n skildreeks of was dit net weer iemand wat hardop gedink het ?

MAGRIETHA ·

Die leeus vs op wat n grap 1ste 3min rooi kaart vir kop moes nie gewees het nie HUL SE DIS OM SPELERS TE BESKERM later nog n rooi kaart vi op nou net 6 spelers in skrum – 2de skrum op stut van veld af ernstige nek besering – plaasvervanger nie lank op veld nie en weer van veld af met besering NOU IS MY VRAAG HUL SE HUL BESKERM SPELERS VEILIGHEID MAAR WAARS DIE VEILIGHEID NOU 6 SKRUM TEEN 8 EN 2 STUTTE KRY SEER WAT IS DIE ERNSTIGSTE DIE OUENS WAT SE KOPPE TEEN MEKAAR GERAAK HET OF 6 TEEN 8 SKRUM hul kan gelukkig wees da was nie meer beserings nie dis belaglik die skeidsregters moet begin hul oordeel gebruik en nie so vinnig begin met kaarte uitdeel nie SA RUGBY RAAD MOET BESIN HIER OOR

MAGRIETHA ·

Stem saam met harry een van die dae kyk ons touch rygby

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.