Goue Leeus verander vyf vir stryd teen Cheetahs

Die Goue Leeus het vyf veranderings aangebring in die span vir Saterdag se Curriebekerkragmeting teen die Cheetahs in Bloemfontein.

Twee daarvan is posisioneel.

James Venter is die nommer 6-flank in Cyle Kruger se plek, wat die beseerde Robert Kruger aan die ander kant van die skrum vervang.

Jaco van der Walt skuif heelagter toe, en Ashlon Davids neem sy plek op losskakel in.

Sylvian Mahuza vervang Madosh Tambwe op regtervleuel. Tambwe speel Vrydag vir die Leeus se o.21-span teen die Oostelike Provinsie op Ellispark.

Die span –

15. Jaco van der Walt, 14. Sylvian Mahuza, 13. Harold Vorster, 12. Rohan Janse van Rensburg, 11. Anthony Volmink, 10. Ashlon Davids, 9. Marco Jansen van Vuren, 8. Fabian Booysen, 7. Cyle Brink, 6. James Venter, 5. Marvin Orie, 4. Andries Ferreira, 3. Jacques van Rooyen, 2. Robbie Coetzee, 1. Corné Fourie. Bank: 16. Pieter Jansen, 17. Jacobie Adriaanse, 18. Rhyno Herbst, 19. Hacjivah Dayimani, 20. Bradley Thain, 21. Stokkies Hanekom, 22. Aphiwe Dyantyi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.