Habana praat oor Siya Kolisi, eindstryd

Bryan Habana, Jake White en John Smit ná die 2007-finaal teen Engeland.. Foto: Facebook.

As kind in die agterplaas was rugbykommentatorwerk baie eenvoudig. Basies het jou kommentator-pligte uit die volgende sin bestaan: “En hy hardloop en hy hardloop en hy druk ’n drie!”

Nou, as daar een Springbok was wat letterlik net gehardloop het en drieë na hartelus gedruk het, dan was dit Bryan Habana in die 2007-Wêreldbeker in Frankryk.

Habana was vuurwarm in dié Wêreldbeker-toernooi en sy agt bobaas-drieë het baie tot John Smit en Kie. se suksesvolle veldtog bygedra.

Selfs Siya Kolisi, die huidige Bokkaptein, het vertel hoe Habana se heldedade hom tot groter hoogtes geïnspireer het.

En op sy beurt is die voormalige Springbok-blits vol lof vir Kolisi.

“Siya is ’n inspirasie vir baie mense, nie net vir rugbyspelers nie, maar ook vir baie mense in Suid-Afrika,” het Habana in Tokio gesê.

“Sy grootwordjare was baie moeilik. Dit het baie kere nie oor die tipe rugbystewels wat hy na ’n oefensessie sou dra gegaan nie, maar eerder oor wat hy die aand gaan eet omdat hulle só minder bevoorreg was.

“Om sy vordering dop te hou en om te weet dat hy moontlik die eerste swart Suid-Afrikaanse kaptein kan word om die Webb Ellis-beker terug na Suid-Afrika te bring, is dus ongelooflik inspirerend.”

Vir Rassie Erasmus en die res van die Springbokspan het Habana een stukkie wyse raad: “Gebruik julle geleenthede.

“Saterdag gaan ’n absolute epiese tweestryd wees. Die Engelse was in ’n baie dominerende bui teen Nieu-Seeland, terwyl die Bokke die nodige gedoen het om die eindstryd te haal.

“Eddie Jones (Engeland se afrigter) gaan met ’n paar slinkse planne vorendag kom en hopelik sal ons ’n effektiewe teenfoeter vir hulle hê.

“My hart glo definitief dat Suid-Afrika die wa deur die drif kan trek. My kop dink dat indien die Bokke hul kanse doeltreffend kan benut – en speel soos wat hulle in die eerste 20 minute van die All Blacks-kragmeting aan die begin van die toernooi gespeel het – staan hulle beslis ’n kans om die wedstryd te wen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Apools ·

Wonder wanneer gaan nr 6 deurhardloop vir ‘n drie…..of selfs net die hele wedstryd speel.

bokke ·

Smit was ook gereeld gedurende ‘n toets vervang met Bismarck. Meeste spelers word deesdae vervang, bv. Etsebeth en die begin voorrye en haker speel omtrent nooit ‘n volle wedstryd nie. Hoekom op Kolisi hamer, dis taktiek van die coach. Dit hang ook af van die gehalte van die plaasvervanger. Louw is ‘n ervare en goeie speler wat al baie toetse gespeel het. As Kwakkies byvoorbeeld op die bank was, sou Kolisi nie sommer vervang word nie want kwakkies is useless.

Frank ·

Bokke, daar was die statistiek die afgelope naweek dat Kolisi (hallo, ‘n flank) 8 tackles in 65min gemaak het en Koch (hallo, ‘n stut) 10 tackles in 33min? Kolisi is nie ‘n fetcher nie, nie ‘n tackler nie, nie vinnig nie, nie ‘n vreeslik goeie kaptein nie. Dis mos alles onverdedigbaar! ‘n Paar jaar gelede was hy op verskriklike goeie vorm, maar deesdae….. Duane kaptein met Kolisi op die bank (vir ingeval)

Werner ·

n Oud-Springbok-netbal kaptein van die laat tagtiger jare het ook erg minder bevoorreg grootgeword, maar met harde werk die netbalkaptein geword. Sy het ook in haar werksloopbaan groot sukses behaal. Die publiek het nooit daarvan geweet nie.

Die Franse rugbykaptein, Thierry Dusoutoir, was jare lank n uitblinker.
Engeland het briljante spelers soos Maro Itoje, Sinckler en Courtney Lawes.

Die Bokke het vir Kolisi, wat nie eers n klubspan in die WP sal haal nie, maar ons moet elke dag luister na sy jammerlike verhaal!

Klippies ·

Dink net hoe goed kon die Bokke gewees het indien meriete die enigste maatstaaf was.

bokke ·

Dink net hoe swak sou hulle gewees het sonder hul beste agterspelers, Kolbe en De Allende.

Scalla ·

Agter elke man staan daar n suksevolle vrou. Laat mens dink ne.

Landie ·

Nee wat Kolisi speel net een helfte, die swakste kaptein nog. Daar is ‘n speler op die veld wat ‘n kaptein en leier is en sy naam is Dwayne Vermeulen…….yster yster…..captain my captain.

bokke ·

Kolisi is die beste in sy posisie in die land, gewys hy’s tienkeer beter as Kwakkies op die vlak. Ook ‘n baie gewilde kaptein. Gaan nog jare Bok-kaptein wees, lekker man lekker.

Buffel ·

Selfs die europese rugbyskrywers se as Rassie die game wil wen moet hy nr6 bench en Louw laat begin. Vermeulen kaptein. Louw het die strafskop afgedwing wat die bokke laat wen het en hy kan kompeteer met Engelse losvoorspelers by afbreekpunte. Huidige nr 6 te swak op die grond.

Buffel ·

Selfs die europese rugbyskrywers se as Rassie die game wil wen moet hy nr6 bench en Louw laat begin. Vermeulen kaptein. Louw het die strafskop afgedwing wat die bokke laat wen het en hy kan kompeteer met Engelse losvoorspelers by afbreekpunte. Huidige nr 6 te swak op die grond.

bokke ·

Wel , ‘n flank is of ‘n fetcher of nie. Kolisi speel die spel van ‘n oopkantflank wat kan hardloop met die bal en aansluiting vind by agterspelers. Louw is uit en uit ‘n fetcher maar kan nie soos Kolisi met die bal hardloop nie. Bokke speel al jare sonder ‘n fetcher op flank. Francois Pienaar, Rob Louw en die meeste ander oopkantflanke vir die Bokke was nie een “fetchers” nie. Horses for courses. Soos lg. spelers is Kolisi nie ‘n fetcher nie en sal nooit een wees nie, hy speel nie so nie. Kolisi is darem goed in dit wat hy doen, ‘n ou soos Kwakkies is nie een van die twee nie, useless.

Buffel ·

So my will die spel van vandag by die afbreekpunte vergelyk met toe Rob Louw in 1980 gespeel het. Hoe dink hy sou hy teen die huidige engelse los triogevaar het ??? Ha ha ha jou gebrekkige kennis van rugby is duidelik.

PietS ·

Om Koalisi (aspris) met Rob Louw te vergelyk is verregaande. In SA rugby was daar nog niemand wat hom kon ewenaar nie, nie eers FPienaar nie. Laasgenoemde was n redelike kaptein, maar nie n briljante speler nie.

DMC de Koker ·

Hennie Muller (Die Windhond). Kaptein van die 1951/2 Springbokke?

Francois ·

Ons almal weet hoekom no 6 die kaptein is en in die span is. Politiek! Hy is n’ swak speler. Haal hom en Willie uit asseblief? Gee Kobus bietjie kans op no. 9

bokke ·

Hy’s die beste nommer 6 in die land of jy nou reken hy is swak of nie, is nie ter sake nie. Hy is die beste wat ons het om van te kies. Selfde kan gesê van ‘n speler soos Pollard, middelmatige losskakel in my opinie maar hy speel omdat hy tans die beste in SA is. Pollard sal geeneen van die ander top rugbylande se span haal nie. Ek het wel ‘n probleem met Willie, want hy is duidelik nie die beste heelagter in SA nie maar word steeds gekies.

jakes ·

Kolisi het erg vorm verloor teen n paar seisoene gelede. Die engelse gaan ons doodmaak by die afbreekpunte. Kwagga en Louw saam met Stef du Toit sou n beter lostrio wees vir die finaal. Eddie Jones het NZ se ondergang met presisie beplan en waarskynlik gaan hy dieselfde doen met SA. Rassie se gebrek aan ondervinding kan ons kos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.