Japan pak Rose op tuisbodem in eerste amptelike toets

Die Brave Blossoms het vroeër die maand met hul voorbereiding vir die komende Rugbywêreldbeker begin. (Foto: Masaki Furumaya/Yomiuri/The Yomiuri Shimbun via AFP)

Engeland sal in Junie volgende jaar na Japan reis vir die eerste toetswedstryd tussen die twee spanne op Japanse bodem.

Die Rose en die Brave Blossoms sal mekaar ook by vanjaar se Wêreldbekerrugbytoernooi die stryd aansê. Hulle speel op 17 September in Nice teen mekaar in hul Poel D-wedstryd.

Engeland het in 1971 en 1979 na Japan getoer, maar die wedstryde het nie toetswedstrydstatus gekry nie.

“Ons is verheug om aan te kondig dat Engeland sy eerste toetswedstryd ooit teen die Brave Blossoms in Japan gaan speel,” het Bill Sweeney, uitvoerende hoof van die Engelse Rugbyunie, gesê.

Engeland het Japan in al drie vorige toetswedstryde geklop. Die mees onlangse was ’n afranseling van 52 – 13 op Twickenham in November.

Masato Tsuchida, president van die Japanse Rugbyunie, het gesê die wedstryd sal Japan ’n “geleentheid gee om onsself te toets teen een van die wêreld se beste spanne”.

“Die Japanse Rugbyunie en Japanse rugby-aanhangers het groot respek vir Engelse rugby en erken Engeland as die geboorteplek van ons groot sport,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.