Die Pumas se afrigter, Jimmy Stonehouse, het hom Maandag tot dié bond verbind en is dus nie beskikbaar as ʼn kandidaat om die pos as opvolger van John Mitchell by die Bulls oor te neem nie.
Stonehouse, direkteur van afrigting by die Pumas, sê in ʼn verklaring dat die besluiteloosheid en onsekerheid van die Bulls oor die aanwys van Mitchell se opvolger en ook oor hul afrigtingstruktuur, die vernaamste redes vir sy onbeskikbaarheid vir die pos is.
“Ek het begrip daarvoor dat die Bulls die regte besluit oor die nuwe afrigter moet neem en dat hulle daarom nie haastig is nie. Maar as ek die mediaberigte reg vertolk, wil dit lyk of dinge alreeds gereël is met ʼn afrigter vir die Superrugby-reeks.”
Dit is nie bekend of Stonehouse deur die Bulls genooi is om vir die pos aansoek te doen nie.
Stonehouse sê hy berus hom daarby dat hy die Pumas se hoofafrigter en ook die direkteur sal bly. Hy is boonop van mening dat die Pumas moontlik tot ʼn vergrote Pro14-reeks toegelaat sal word.
“Ek kan nie my brood aan albei kante gebotter hê nie en bevestig hiermee my verbintenis aan die Pumas en hul toekoms.”
Ja BBRU! Dis hoe dit gaan. Op die veld, af van die veld. 2019 gaan ‘n jaar van rekords wees. Die minste toeskouers ooit. Wat sê mnre BvG en XjvR van die BBRU?
Ek het ontrek as ondersteuner van die bulle. Die eens trotse, top SA franchise is gereduseer tot niks. Kwotas, bestuur, afrigters het die mees suksesvolle span van SA vernietig. Loftus is leeg. N era is verby. Lank lewe sokker of wat ookal daar gaan voortbestaan. Van Frik du Prees, Thys Lourens, Burger Geldenheys, Naas Botha, Louis Moolman, Pierre Spies, Fourie du preez, Bakkies en Victor, ag nog honderde grotes wat eer na die spel gebring het, vir julle soos Zandberg Jansen dit gestel het, NAG OU GROTE
Pumas in die Pro14…Hahahahahahahahahahahahahahahahaha ASEM HAAL hahahahahhahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahah ASEM HAAL hahahahahahahah ha ha ha ha ha hehehehehehehe ahahhahahahahahah
Ek stem JJ, enigste manier dat die Pumas sal deelraak is as waterdraers lol!