Junior Bokke veg terug vir plek in halfeindronde  

(Foto: @JuniorBoks/Twitter)

Die Junior Springbokke het hul plek in die halfeindronde van die o. 20-Wêreldtoernooi verseker nadat hulle ʼn puik tweede helfte-vertoning gelewer het om Argentinië te klop.

Nadat hulle rustyd met 7-16 agter was, het die Junior Bokke alles in die stryd gewerp om uiteindelik met 24-16 in die Athlone-stadion in Kaapstad te seëvier.

Suid-Afrika sal Sondag teen Ierland in die halfeindstryd te staan kom, terwyl die ander top-vier-uitspeelrondes tussen Engeland en Frankryk sal wees.

Swak dissipline en ongedwonge foute het die Junior Bokke in die eerste helfte duur te staan gekom en Argentinië was dus heeltyd op die voorvoet. Die Bokke moes bontstaan om te verdedig en weens al die strafskoppe het Argentinië die voortou geneem.

Die Junior Bokke kon in die 27ste minuut die eerste drie van die wedstryd aanteken met Juann Else wat oor die doellyn geduik het. Maar toe JF van Heerden vier minute later ʼn geel kaart gekry het, het Argentinië die geleentheid benut om teen rustyd voor te loop.

ʼn Puik terugvegpoging in die tweede helfte het gelei tot twee verdoelde drieë deur Corné Beets en het die sege vir die Junior Bokke beklink.

Puntemakers:

Junior Springbokke 24 (7): Drieë: Juann Else, Corné Beets (2). Doelskoppe: Jean Smith (3). Strafdoel: Smith.

Argentinië o. 20 16 (16): Drie: Renzo Zanella. Doelskop: Valentino Dicapua. Strafdoele: Dicapua (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Moedeloos ·

O wee hul sal hul sokkies moet optrek want daar was hopeloos te veel foute gemaak.

piet ·

Haker kan steeds nie die bal in die lynstaan ingooi nie, sukkel steeds in die skrums (alhoewel hulle darem in die 2de helfte hul man kon staan maar daar’s geen sprake van voorlangse oorheersing nie, het eenvoudig nie die spelers nie), verdediging is ‘n probleem wyd (veral die vleuels kan nie tackle nie). Baie gelukkig om die semi-finaal te haal, Hierdie is verseker een van die swakker O-20 Bok-spanne.

Frank ·

Ekt gehoop teen hierdie stadium sal dit begin beter gaan. Top spanne gaan jou nie geleentheid gee om hulle in die 2de helfte so te oorheers nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.