Kitshoff op krukkelys

Steven Kitshoff. (Foto: X/Ulster)

Ulster het nie net sy Kampioenebeker-kwarteindstryd met 53 – 14 teen Clermont verloor nie, maar hy het ook ʼn rits spelers aan beserings afgestaan.

Steven Kitshoff (knie), Iain Henderson (toon), Rob Herring (dyspier), Nick Timoney (toon) en Stewart Moore (dyspier) is almal op die krukkelys en is nie vir Vrydag se Verenigde Rugbykampioenskap-tweestryd teen Cardiff beskikbaar nie.

Die Ierse klub het nie bevestig vir hoe lank die Springbok-stut langs die kantlyn gaan wees nie en daar is selfs ʼn moontlikheid dat hy sy laaste wedstryd vir die Belfast-span gespeel het.

Die 32-jarige stut is weer van volgende seisoen in die kleure van die Stormers te sien.

“Dis geen geheim wat Kaapstad en die Stormers vir my beteken nie. Van volgende seisoen sal ek alles in my vermoë doen om ’n verskil te maak en hopelik kan ek weer deel van iets spesiaals wees met my vriende en familie aan my sy,” het Kitshoff destyds gesê.

“Ek wil ook vir Ulster bedank; nie net vir die ongelooflike ervaring in Belfast nie, maar ook vir hul hulp en begrip deur die hele proses. Daar is nog baie dinge wat ons hierdie seisoen saam kan bereik.”

VRK-punteleer:

  1. Leinster: 54 punte ná 13 wedstryde
  2. Glasgow Warriors: 49 punte ná 13 wedstryde
  3. Bulls: 45 punte ná 13 wedstryde
  4. Munster: 43 punte ná 13 wedstryde
  5. Stormers: 39 punte ná 13 wedstryde
  6. Benetton: 37 punte ná 13 wedstryde
  7. Ospreys: 35 punte ná 13 wedstryde
  8. Ulster: 35 punte ná 13 wedstryde
  9. Edinburgh: 34 punte ná 13 wedstryde
  10. Connacht: 34 punte ná 13 wedstryde
  11. Lions: 34 punte ná 13 wedstryde
  12. Cardiff: 24 punte ná 13 wedstryde
  13. Sharks: 18 punte ná 13 wedstryde
  14. Scarlets: 16 punte ná 13 wedstryde
  15. Dragons: 15 punte ná 13 wedstryde
  16. Zebre: 15 punte ná 13 wedstryde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.