Klink ’n glasie vonkelwyn op Duane

Duane Vermeulen. Foto: GB Jordaan.

Te danke aan sy klipharde spel en leierskap was dit nie veel van ’n verrassing toe Duane Vermeulen die groot wenner by SA Rugby se toekenningsgeleentheid vir 2020 was nie.

Die 34-jarige agtsteman van die Blou Bulle is SA Rugby se speler van die jaar, terwyl sy uitstekende spelpeil in die Superrugby Unlocked-reeks vir hom nóg ’n toekenning in die sak gebring het.

Dit is duidelik dat die Pretoriase span Suid-Afrikaanse rugby die afgelope ruk oorheers het. Benewens Vermeulen se heldedade is Jake White as die afrigter van die jaar aangewys, terwyl die Bulle ook die span van die jaar is.

O ja, die unie se Stedman Gans is die sewesspeler van die jaar, terwyl die moedige en talentvolle Cornal Hendricks met louere in die Curriebeker-kategorie weggestap het.

Maar vir eers terug na Vermeulen.

Talle ondersteuners meen dat die agtsteman een van die groot leiers in die Springbok-kamp gedurende hul suksesvolle Wêreldbeker-veldtog in 2019 was, terwyl hy die Bulle ook onlangs na twee titels in die Covid-19-era gelei het.

“Dit was ’n baie moeilike seisoen, maar Duane was briljant; nie net sy eie vertoning op die veld nie, maar ook wat sy leierskap betref,” het Mark Alexander, president van SA Rugby, gesê.

Jake White. Foto: GB Jordaan.

Dan kan jy maar sê of dink van Jake White wat jy wil: Dié man weet hoe om amok in die rugbywêreld te maak.

Kort ná sy aanstelling in 2020 het hy gesê dat hy wil toesien dat die Bulle weer op die wenpad kom.

“Dit is ’n voorreg om deel van die Bulls-opset te wees en ons wil weer een van die sterkste unies in wêreldrugby word. Ek is nog altyd dieselfde persoon; ek wíl wen,” was sy presiese woorde.

En saam met Vermeulen het hy presies gedoen wat hy gesê het hy sal.

Wenners:

  • SA Rugby se speler van die jaar: Duane Vermeulen

Benoemdes: Curwin Bosch, Cornal Hendricks, Steven Kitshoff en Frans Steyn.

  • SA Rugby se jong speler van die jaar: Wandisile Simelane

Benoemdes: Curwin Bosch, Stedman Gans, Ruan Nortjé en Dylan Richardson.

  • Springbok-sewesspeler van die jaar: Stedman Gans

Benoemdes: Angelo Davids en Selvyn Davids.

  • Span van die jaar: Blou Bulle

Benoemdes: Haaie en Blitsbokke.

  • Afrigter van die jaar: Jake White

Benoemdes: Sean Everitt en Neil Powell.

  • Superrugby Unlocked-reeks se speler van die jaar: Duane Vermeulen

Benoemdes: Frans Steyn en Marco van Staden.

  • Curriebeker-reeks se speler van die jaar: Cornal Hendricks

Benoemdes: Marco van Staden en Duane Vermeulen.

  • Skeidsregter van die jaar: Jaco Peyper

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

MakersMark ·

En alles is Blou !! Speler van die jaar asook SR speler van die jaar, span van die jaar, afrigter van die jaar, 7’s speler van die jaar en CB speler van die jaar. As daar ‘n “kaptein van die jaar” was het dit ook aan Duane gegaan. Geluk Bulle, Duane en Jake. Wys jou wat gedoen kan word met die regte administrasie en leierskap, afrigting en natuurlik ‘n kaptein wat eintlik die bok kaptein is.

MakersMark ·

Presies – Bulle betaal hul spelers en koop goeies aan. Hoekom ? Daar is goeie bestuur. Kyk wat gebeur in die WP. Kyk wat het reeds met EP, Grens etc gebeur. Korrupsie, binnegevegte en politiek lei tot bankrotskap.

Gert K ·

Geluk Duane. Jy is ‘n Yster!
Vroeg in jou loopbaan by die Vrystaat kom leer speel
toe die Bulle jou nie geken het nie.

MakersMark ·

Gelukkig is rugby professioneel. Dis hoekom hy nie meer vir die Cheetahs speel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.