Kolisi op koers vir Frankryk

Siya Kolisi. (Foto: Nderim Kaceli/NurPhoto via AFP.)

Volgens die Springbok-bestuur is Siya Kolisi op koers om die span tydens die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Frankryk op die veld te lei.

Die nasionale rugbykaptein het in April ʼn kniebesering in die Sharks se Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen Munster opgedoen en daar is aanvanklik gevrees dat sy deelname aan die internasionale rugbyskouspel in gedrang is.

Hy het egter ʼn kort rukkie later ʼn operasie ondergaan en volgens Jacques Nienaber vorder die 31-jarige losvoorspeler se rehabilitasiewerk heel flink.

“Siya is beslis op die regte pad wat rehabilitasie betref en hy het al sy teikens bereik,” het die Springbok-afrigter gesê.

Hoewel Kolisi nie gereed vir die Rugbykampioenskap-kragmetings sal wees nie, behoort hy speelkans in die aanloop tot die Wêreldbeker te kry.

“Ons mikpunt op hierdie stadium is om toe te sien dat Siya in een of twee van die opwarmingswedstryde sal speel,” het Rassie Erasmus gesê.

SA Rugby se direkteur van rugby het vir Steven Kitshoff, Eben Etzebeth, Duane Vermeulen, Pieter-Steph du Toit, Damian de Allende en Lukhanyo Am uitgesonder om moontlik die kapteinskapleisels in Kolisi se afwesigheid vas te vat.

  • Die Springbokke speel op 8 Julie in die eerste Rugbykampioenskap-wedstryd teen Australië op Loftus Versfeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SjN ·

Die rugbybestuur moet hul nou eerder toespits op die opkomende wedtryde sonder Kolosi en die herstelproses aan die spandokter oorlaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.