Kolisi trap klei oor Afrikaans

Siya Kolisi. Foto: (AP Photo/Eugene Hoshiko)

Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, se aantygings dat hy destyds nie tuis in die Springbokspan gevoel het nie, onder meer omdat daar net Afrikaans gepraat is en hy nie lynstaantekens verstaan het nie, is darem ʼn bietjie dik vir ʼn daalder.

Met hom as kaptein, het die Springbokke nie juis verlede jaar in Japan hul lynstaantekens in Afrikaans geroep nie?

Hoe het Beast Mtawarira dit jare lank verstaan? Wat van Pat Lambie, Malcolm Marx, Makazole Mapimpi en Lukhanyo Am, wie se eerste taal ook nie Afrikaans is nie? Wat van die destydse hulpafrigters, die Skot Richie Gray en die Engelssprekende John McFarland, wat byna nie ʼn woord Afrikaans verstaan het nie?

Toe Nick Mallet destyds afgerig het, is daar op afrigtersvlak net Engels gepraat.

Het iemand toe daaroor gekla?

Dit het my laat terugdink aan soortgelyke voorvalle, toe Eben Etzebeth se twee ooms, Skattie en Liefie Etzebeth, soos hulle bekend gestaan het, destyds vir Polisie teen die Ikeys in die Kaap gespeel het.

Dit word vertel die Ikeys, soos dit slim studente betaam wat nie hul pa’s se geld mors nie, het hoogdrawende lynstaantekens, soos “Archimedes 157, Pythagaros 113”, gebruik en dan die bal ingegooi.

Net voor rustyd  en reg langs die klubpawiljoen het Skattie bekommerd uitgeroep: “Hierdie ouens is te slim vir ons.”

Waarop Liefie hardop geantwoord het: “Ag nee, man, hulle gooi elke bal op daai **** met die rooi hare.”

Jare gelede het die destydse Transvaal die Argentynse haker Roberto Grau nader gehark. Hy is met sy aankoms direk van die lughawe af Potchefstroom toe waar Transvaal teen Wes-Transvaal gespeel het.

Francois Pienaar het toe nog die lynstaantekens (in Afrikaans) uitgeroep en Transvaal het drie balle verloor. Grau is kort voor rustyd vervang nadat Pienaar aan hom gevra het: “Roberto, do you understand English?”

Tjoepstil.

Op laerskool het ons net drie lynstaantekens gehad wat die skrumskakel voor elke lynstaan uitgevoer het. Hande agter die kop (voor in die lynstaan), hande op die heupe (middel) en hande op die knieë (agter).

Maar gewoonlik het die teenstanders dieselfde tekens gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Elmarie ·

Siestog arme siel. Het hy matriek? Dan MOES hy mos Afrikaans deurkom om te slaag? Of het dit ook verander??

Scalla ·

Verskonings, verskonings, daar was beter spelers in die posissie, maar nou ja…………….

Albert Willem ·

Stem se nou nog daars laasjaar al besluit dat die sleg mix SA span die wereld beker sou kry

Chris ·

Ek het die grootste en intense simpatie met die beweging se ondersteuners, meelopers en simpatiseerders. Ek verstaan hoe dit voel om aan ‘n narsistiese minderwaardigheidswaansin te lei wat deur verwaandheidswaansin oorskadu word. Die speelveld is gelyk maar vir sekeres meer gelyk. Blameer jou voorouers vir jou herkoms.

Hoekom ·

En die onskuldige mense wat hierdie beweging aangeval het, gaan kyk gerus na die video materiaal op sosiale media!? Of geld jou simpatie ook net vir een ras!?

Antoinette ·

Dis sommer moedswilligheid. Ek was jare betrokke by ‘n Fakulteit waar besoekende studente van ander lande dikwels 6 weke prakties daar kom doen het.
Sommiges van hulle het deel van die praktiese opleiding by boere of veeartse in hoofsaaklik kleiner Afrikaans-sprekende dorpies gaan doen. Sovele van hulle kon toe hulle kom groet het ‘n heel skaflike Afrikaanse gesprek (en baie trots) met my voer. Buitelandse studente wat hulle graad alhier wou voltooi was tot en met die negentigerjare verplig om die graad in Afrikaans te voltooi, en was verplig om Afrikaanse klasse by te woon. En hulle het.Sommiges van hulle kon nie eers behoorlik Engels praat nie. Ek kan ‘n aar bars oor sulke stupid flou verskonings.
Sommige Engelssprekende studente met hulle A+ Afrikaanse matrieksimbole het met hulle “I can’t speak Afrikaans” stories by my gekom, maar albei die half ongeletterde tuiniers wat ek die afgelope paar jare gehad het, praat goed Afrikaans en het elke opdrag goed verstaan.

Scalla ·

Antoinette, jy is heeltemal reg, hy en sy wit vrou praat seker in gebaretaal, dit wat ek verder aan hulle wil stel sal nie op die forum toegelaat word nie, dankie vir jou inset.

MAGRIETHA ·

DA baie mense in hierdie sa blankes,kleurlinge indiers wat swaargekry het in die land hetsy in watter omstandighede ookal dis nie net swart mense nie , Nou wat my bekommer as hierdie ouens sport spelers hul plekke in spanne verloor dan gaan hul die goed wat hul kwytraak weer voorgooi so ek dink sport in sa gaan nie weer diselfde wees nie , regering moet uitbly uit sport uit , lees sondag rapport vi baie sake hieroor

Werner ·

Sal sien hoe ontuis hulle voel as hulle op die veld draf en daar is geen ondersteuners nie

Hoekom ·

Verbasend hoe die “victim mentality” van rassisme meer aansteeklik is as covid19…

Yolandie ·

Ek moet met jou saam stem. Toe Siya die kaptein vd Springbokke word…..was hy so trots om die 1ste swart kaptein te wees. (Selfs al moes hy bekend staan as ‘n springbok….ook ‘n apartheidsjare simbool. Geen sprake was daar ooit dat die lynstane ‘n “uitdaging” is nie. Wat vreemd is, want dis maar net ‘n feit dat Afrikaans sprekendes baie akkomoderend teenoor hul medemens is en hulle nie uitgesluit sou wil laat voel nie. So my opinie oor die saak is dat ou Kolisi absolute snert praat!!!!! Kolisi gaan kruip bietjie in jou hoekie en gaan huil bietjie verder oor nog storietjies wat jy uit jou duim suig.

Andre ·

Al wat ek weet is dat SA sport nog baie sy knie gaan buig en wat gaan dan matter

Hoekom ·

Jy bewys jou eie onkunde en arrogansie. Elke liewe nasie op hierdie planeet het moeilike tye gehad. Gaan lees ‘n geskiedenis boek. Ek was self in Afghanistan en Mali en ek moet vir jou sê dat afrikane hier en in die VSA of europa die lewe lekker het…

Anoniem ·

Laat ek raai, sy volgende aanval gaan seker wees dat hy net as kaptein aangestel was en in die Springbok span ingsluit was as gevolg van sy vrou se “white privilege” en dit die rede is dat “systemic racism” wel nog bestaan in rugby en diskrimineer teen swart spelers en swart mense in geheel uitsluit uit die sport uit en en en… Hierdie bly n aanval op wit afrikaners en hulle kan diskrimineer en sê net wat hulle wil sonder gevolge.

Yolandie ·

Ja Theo ek dink nie ek het Kolisi hoor kla toe hy die groen en goud trui met die springbok embleem (‘n apartheidsjare simbool) oor sy kop getrek het nie. Miskien moes hy toe al begin kerm en kla het dan sou ons hom dalk geglo het. Siestog dis moeilik om soveel geld te verdien en dan agterna te kerm hoe jy benadeel is.

Scalla ·

Hy sal nie daar die span haal nie omdat hy nie n volle game kan speel nie Nette.

Rose ·

Ek het baie respek vir Kolisi, maar as hy ontuis gevoel het in n sport wat hoofsaaklik deur Afrikaners of blankes gestig is, hoekom het hy nie liewer sokker gespeel nie. Jy pas mos aan daar waar jy aansluit. Of is daar n kulturele misverstand. Ek glo baie Afrikaners of blankes sal ook graag sokker n beroep wil maak, maar voel ook ontuis daar. Hoe sou enigeiets tot stand gekom het, as die Afrikaners gedurig eers oor hulle skouer moes kyk voordat hulle kon bou. Suid-Afrika sou steeds n agtergebelwende Afrikaland gewees het, as hulle nie opgestaan het en iets begin skep het nie. Daar word altyd oor die Afrikaners gekla, maar gaan kyk hoe word menseregte misken in die res van Afrika, loer sommer net oor die grens na Zimbabwe.

Scalla ·

Sokker word op meriete gekies en word hoofsaaklik deur swartes gespeel, daar sal nie vir hom n plek gereserveer word soos in rugby nie jinny

Melinda ·

Ek is skoon verstom. Ek wonder of mense besef n onbekende wit man in Amerika het vir hom betaal om by Grey te wees. Of misgis ek myself? Het het die man genoem in sy boek? Ek weet jy was VSA,toe on dankie te se. Was n artikel nog op Maroela. Maar om nou skewe klap na Afrikaans te gee is swak smaak.

Scalla ·

Melinda, jy moet nooit die hand skop wat jou gevoer het nie.

Adam Adriaan ·

Die beste raad is, om jouself te bemagtig in soveel moontlike tale as wat jy kan. My oupa het altyd vir my gesê, “ou seun soveel tale ben d’jy magtig soveel male ben d’jy man”./

Pieter ·

Met die Blm, gaan jy sien hoe kom die swart rassite uit. HUlle maak of hulle so aan die agterspeen was dat almal jammer voel. Jammer Kolisi- ja speel n ras kaart om aandag te kry. (Jy was elk geval n swak kaptein. Rassie verdien die eer. Jy kon nie eens een game vol speel nie). Laaste deel vir Kolisi wat AFRIKAANS nie verstaan nie, maar wel miskien kan lees. “ALM- All Lives Matter, gaan speel sokker miskien wen hulle, want as ons so lees/ hoor het jy Rugby World Cup gewen, gaan help Bafana Bafana.”

Kokerboom ·

As jy jou bevoorregte posisie darem so misbruik om simpatie te wek moet hy maar verby hou. Sopas my respek verloor

Riaan ·

Sy beste kleitrap dans sal hy uitvoer as iemand eendag vir hom die een vraag vra wat hy die meeste vrees, en dit is: Dink jy, jy het jou plek in die Springbok span verdien op meriete, of was jou insluiting sowel as jou kapteinskap deur die regering afgedwing op SARU.

Stephanie ·

Ai, mense wat só graag op n lendelam donkie-karretjie wil klim, net om ook raakgesien te word

Jax ·

Ai tog. Hoe lank gaan aparheid, Afrikaans, wit mens, Jan van Riebeeck ens nog gebruik word om eie tekortkominge weg te maak?! Ek het skool toe gegaan en geleer om te kom waar ek is. As die spul net wil ophou klaskamers en skole afbrand en eerder begin leer, sal hulle dalk verstaan wat eintlik aangaan. Hierdie hele ding van gee, gee, gee, gee en nogmaals gee, moet n end kry of almal, elke mens, moet dieselfde kry. n Sekere gedeelte van die mensdom werk en die res wil net kry, sonder om daarvoor te werk. Dit moet stop. Jy wil nie werk nie – dan eet jy nie en kan jy nerens gaan slaap nie. Dis hard maar dit is hoe die lewe is. As ek dit kon doen, kan die res dit ook doen. Dit gaan oor jou eie ingesteldheid! Prioriteite!

Pandora ·

Van die os op die jas, en net vir informasie: Is daar ‘n nasionale sportsoort wat uit die Afrika geledere ontwikkel is?
Volgens Google kom hokkie, krieket, rugby en sokker van Engeland af, korfbal vanaf Nederland, tennis en ander raket sporte vanaf Frankryk.
Weereens volgens Google word onder andere, sportsoorte wat in Afrika die oorsprong het: Stokgevegte, boks en donkie resies.

Die Wolf ·

Mors nie my tyd om hom te beantwoord nie. Soek maar net aandag. Ongelukkig het hy nou die ondersteuning baie verminder. n Ware leier raak nie betrokke met sulke nonsens nie ,maar bou eerder.

MakersMark ·

En so het elke een nou ‘n storie van hoe groot hulle uitdagings was. Hy moet eerder vir die ANC dankie se vir kwotas en “reverse racism” dis die enigste manier hoe hy daar geland het. Wonder hoe die makker sou gevaar het as speler in ’95 en ’07 teen spelers soos Ruben Kruger, Kobus Wiese, Danie Rossouw en Bakkies Botha ? Of hoe sou sy leierskap lyk langs Francois Pienaar of John Smit. Hoe sou sy spannetjie nie gelyk get sonder die ware op die veld leiers in Pollard en Vermeulen ? Dis tipies, bok spelers van kleur wat daar was want hulle was die beste soos Habana en Beast ry nie die BLM karretjie nie.

Thelsa ·

. . . . . lives matter. As jy ‘n kleur voor hierdie stelling sit is jy rassisties.

Maria ·

Vandag, meer as ooit tevore is dit die tyd om almal om jou met respek te behandel. Haat het nie ‘n plek nie en dit wat mense sien as vernederend is tien teen een waar. Wees bedag op jou aksies, daar is altyd reaksies, en wees ook bedag daarop dat jy uitgetart word deur gemene mense op allerhande platforms – dit is polities van aard. Moenie reageer nie!!. . Almal het seergekry in hierdie droewe land, wees deel van die oplossing. Wees sterk, wees veilig en staan vas!.

Snowball ·

En so kon die eerste swart Springbok kaptein net nie wag om ‘n goed berekende steek na Afrikaans te gee nie, né?
So dik vir dit! Eintlik niks om oor te weeklaag nie, maar Afrikaans word weer betrek as die über- boosheid wat uitsluit en diskrimineer.

Anoniem ·

Siya kan sê net wat hy wil want hy weet niemand gaan daaromtrent iets doen nie. ‘n Bietjie gekla vanaf die blankes ja, maar Siya weet hy gaan daardie einstes binnekort langs die veld sien wanneer hulle duur kaartjies koop om hom te kom ondersteun en toejuig. Sy banksaldo het nog nooit so mooi gelyk nie en hy is absoluut in sy knoppies met wat die lewe hom aanbied. Wie weet, binnekort staan hy net dalk aan die stuur van rugby SA. Hou maar die dinge dop.

Mia ·

So daar waar hy skool gegaan het was Afrikaans nie ‘n vak nie?? Al die ander spelers wie se huis taal nie afrikaans is nie verstaan baie mooi en het nog nooit ‘n probleem gehad nie. Ai om aandag te soek is darem sleg hoor.

ans ·

Ek het nog nooit rugby gespeel nie, so miskien praat ek uit my beurt, maar ek neem aan daar word
vooraf besluit wat die tekens beteken, anders maak dit mos nie sin nie. So dan moet hy mos al voor die wedstryd weet wat elke teken beteken. Hy het seker net nie die tekens geleer soos elke ander speler dit seker doen nie, of dalk is hy net meer onnosel as wat ek gedink het!

Gato ·

Is sy vrou nie wit en afrikaans nie? Dan voel hy seker baie ontuis by sy eie huis ook.
Vra maar net.

Piet ·

AP – Ek sal van nou af my kommentare begin met AP (Ander Piet) om myself te onderskei van die ander Piete hier. Ek wonder nou net hoe moeilik dit kan wees om ‘n paar roeptekens in ‘n ander taal aan te leer, dis mos nie ‘n hele ander taal wat jy hoef aan te leer nie. Boonop behoort jy as professionele atleet jouself te vergewis van alle terme (ook in ander tale) in jou gekose sportkode. Ek wonder of hy al die rugbyposisies in Afrikaans kan opnoem.

Piet ·

AP – Hy gaan seker daarop aandring dat almal Khosa praat as hy die dag vir ‘n oorsese klub speel.

Scalla ·

Skerp Piet, oorlede Zandberg Jansen moes hom persoonlik n paar lynstaantekens geleer het, sy ore sou dan oop wees!

Tokkel ·

MENSE MENSE!!!.., ignoreer asb hierdie mense, hulle soek net sensasie en lok ons mense uit. Hulle tyd is verby en hulle weet nie meer hoe om te maak om belangrik te klink nie. MOENIE julle humeure en asems mors op dit wat onbelangrik is in die lewe nie. Wat maak dit tog saak wat hulle dink en wat ons dink..Sensasie soek is ‘n siekte…

Lizelle ·

Shame, ek kry sy vrou jammer. Sy mag seker nie ‘n enkele Afrikaanse woord spreek nie. Wonder hoe voel sy as daar by sy vriende gekuier word? Voel sy ook uitgesonder en sit soos ‘n waspop teen die muur?

Scalla ·

Lizelle, mense met sulke mentaliteit het gewoonlik nie vriende nie, ek dink die uitlating gaan weer oor geld wat seker min word, hy besef nou hoeveel dit kos om n wit vrou te onderhou!!!!!!!!!

Jakes ·

Ek het geweet dat dit net n kwessie van tyd was voordat Kolisi sy speelgoed uit die kot sou gooi. Hoe moet die ander losvoorspelers voel wat n beter buiging op die veld sou maak as hy noudat hy sy ondankbaarheid ,wat polities gemotiveerd is, uitspreek?

Tokkel ·

Kom ons buig ons knie voor die Skepper en Hom alleen. Die mense wil verdeeldheid saai tussen wit en swart oor die wereld. Moenie julle steur aan hierdie onbenullige goed nie, kom ons konsentreer op dit wat belangrik is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.