Komkommerkoel Pollard lewer skerpskuttervertonings

Handré Pollard het, net soos sy spanmaats, met ’n klipharde vertoning teen Nieu-Seeland vorendag gekom. (Foto: Twitter)

Vier jaar gelede was dit sy belangrike stelskoppoging in die halfeindstryd teen Wallis en sy spul punte teen Engeland in die eindstryd wat die Bokke deurgetrek het.

Nou het Handré Pollard weer eens met ʼn skerpskutter-vertoning vorendag gekom; juis toe sy span dit die nodigste gehad het.

Die 29-jarige losskakel het nie met ʼn enkele stelskop in die Springbokke se uitspeelwedstryde op die Stade de France skeefgekorrel nie.

Pollard het tydens vanjaar se Wêreldbeker altesaam 33 punte aangeteken. Dit sluit in sy vyf punte teen Frankryk in die kwarteindstryd, sy agt punte teen Engeland in die halfeindstryd en natuurlik al 12 van die Bokke se punte in eindstryd teen Nieu-Seeland

Die no.10-speler spog met altesaam 195 punte in sy drie Wêreldbeker-rugbytoernooie, wat beteken hy is tans die speler wat die derde meeste punte nóg in Wêreldbeker-rugby aangteken het. Dit is meer as die legendariese All Black-losskakel Daniel Carter (191) en net soveel as die voormalige Australiese losskakel Michael Lynagh.

Volgens die Webb Ellis-wenner is vertroue die sleutel tot sy stelskopsukses.

“Ek het vertroue in my spanmaats en hulle het weer vertroue in my. Wanneer jy ʼn stelskop verbrou, is dit nie vir ons die einde van die wêreld nie. Dit is net nie hoe ons dinge benader nie,” het Pollard gesê.

In die eindstryd was hy die bestendigheid van self terwyl Richie Mo’unga en Jordie Barrett onder die druk gevou het.

“Voortaan sal ek die Stade de France onthou as ʼn stadion waar dit lekker is om te skop. Ongelukkig het nie alle stadions noodwendig só ʼn konnotasie nie. Maar ek sal beslis goeie herinneringe van die Parys-stadion hê.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ziggy ·

Mooi Handre, as dit nie vir jou was nie het ons waarskynlik nie vandag fees gevier nie.

SjN ·

Dankie Handre, weereens n bewys dat ondervinding en ervaring nie gekoop kan word nie.

JN ·

Ag asseblief tog ou piet laat dit nou lê.Jy is amper so erg soos die ingelsmanne en kiwi’s na hul verloor..moan en groan soos sissieboys..Jy sit mos nou met n wereldbeker baie te danke aan dieselfde man wat jy aanhou kritiseer maar tog elke keer bewys jy jouself verkeerd en slat jou eie naam hard met plank man..
As Pollard nie daar was nie het RSA beslis verloor..Sou manie die helfde van daai kon oorskop..ek twyfel..
Aanvaar dit nou maar net dat hy meer ervare en beter is as Manie..
Dit is ok om soms verkeerd te wees Pier maar as jou trots in die pad kom en jy ly aan een of ander ontkenning sindroom wel dan is daar nou maar net nie vereel hoop vir jou nie..
La dit nou lé en geniet die felt dat hy Pollard die beker help Suid Afrika toe gaan het amper man alleen Piet..
groete

Casper ·

Een woord Mr MAGIC,hy het dit in 2019 gedoen en vanjaar weer.Die “youngsters”kan by die oom kom leer.Jammer Manie maar jy is nog nie op daai vlak van bestendigheid nie maar jy beweeg in die regte rigting.

Casper ·

Wie sal ooit daai skop van binne sy eie halfgebakte vergeet teen Frankryk toe dit saak gemaak het.

Souterig ·

‘n Span sport ja maar sulke uitblinkers wen die stryd, die ene in die finaal wat so bietjie hulp van die paal moes kry gaan by my spook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.