Leeus, Bulle jag momentum op Ellispark

Johan Goosen is in die Bulle se opdrafspan. (Foto: GB Jordaan)

Met nog net ʼn handjievol wedstryde oor voordat die uitspeelkragmetings in alle erns begin, sal die Goue Leeus en die Blou Bulle alles in die stryd werp om Saterdag se Curriebeker-tweestryd op Ellispark te wen.

Die tuisspan beklee tans die vyfde plek op die amptelike punteleer, terwyl die Pretorianers hulself in die sewende plek bevind.

Al twee spanne het van hul Verenigde Rugbykampioenskap-sterre vir die kragmeting gekies en spelers soos Quan Horn, Edwill van der Merwe, Sanele Nohamba, Harold Vorster, Elrigh Louw en Marcell Coetzee sal mekaar die stryd aansê.

Johan Goosen is die enigste verandering aan die Bul-span wat verlede week teen Griekwas in Kimberley gespeel het. Hy vervang Chris Smith in die opdrafspan.

Indien die Leeus die wedstryd wen, sal dit hul posisie op die punteleer verstewig. ʼn Nederlaag kan egter beteken dat hulle na die sewende plek afskuif.

Die wedstryd begin Saterdag om 15:00 en die aksie word regstreeks op SuperSport uitgesaai.

Blou Bulle: David Kriel (heelagter), Sibongile Novuka (regtervleuel), Stedman Gans (buitesenter), Harold Vorster (binnesenter), Marco Jansen van Vuren (linkervleuel), Johan Goosen (losskakel), Embrose Papier (skrumskakel), Elrigh Louw (agtsteman), Nizaam Carr (flank), Marcell Coetzee (flank), Ruan Nortjé (kaptein en slot), Ruan Vermaak (slot), Mornay Smith (stut), Johan Grobbelaar (haker) en Gerhard Steenekamp (stut). Plaasvervangers: Jan-Hendrik Wessels, Simphiwe Matanzima, Francois Klopper, Charlie Ewels, WJ Steenkamp, Keagan Johannes, Chris Smith en Cornal Hendricks.

Goue Leeus: Quan Horn (heelagter), Boldwin Hansen (regtervleuel), Manuel Rass (buitesenter), Tyler Bocks (binnesenter), Edwill van der Merwe (linkervleuel), Gianni Lombard (losskakel), Sanele Nohamba (skrumskakel), Francke Horn (agtsteman), Emannuel Tshituka (flank), JC Pretorius (flank), Ruben Schoeman (slot), Ruan Venter (slot), Asenathi Ntlabakanye (stut), Jaco Visagie (kaptein en haker) en Rhynardt Runsburger. Plaasvervangers: PJ Botha, Ruan Dreyer, Ruan Smith, Darrien-Lane Landsberg, Ruhan Straeuli, Morné van den Berg, Andries Coetzee en Rynhardt Jonker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.