Die Leeus het ʼn hele paar Verenigde Rugbykampioenskap-sterre vir Vrydag se Curriebeker-kragmeting teen die Pumas op Ellispark nadergetrek.
Spelers soos Andries Coetzee, Rabz Maxwane, Gianni Lombard en Francke Horn is in die beginspan opgeneem.
JC Pretorius, wat ʼn hele paar uithalervertonings vir die Blitsbokke gelewer het, sal die nommersestrui dra. Die blondekop flank het juis Cravenbeker-rugby vir die Pumas gespeel.
Tog sal die Pumas graag teen die beste spelers wil kragte meet. Die Laevelders is tans eerste op die punteleer en hulle lyk op koers om hul titel suksesvol te verdedig.
Devon Willams, Jade Stighling en Ali Mgijima vorm ʼn gedugte agterlyn, terwyl Shane Kirkwood die span vanuit sy slotposisie sal aanvoer.
Brandon Thomson, die man wat die WP-skip verlede week met ʼn in-die-kol-strafskop gesink het, is weer op die plaasvervangersbank ingesluit.
Leeus: Andries Coetzee (heelagter), Prince Nkabinde (regtervleuel), Manuel Rass (buitesenter), Rynhardt Jonker (binnesenter), Rabz Maxwane (linkervleuel), Gianni Lombard (losskakel), Morné van den Berg (skrumskakel), Francke Horn (agtsteman), Travis Gordon (flank), JC Pretorius (flank), Darrien-Lane Landsberg (slot), Ruben Schoeman (slot), Ruan Dreyer (stut), Jaco Visagie (kaptein en haker) en Rhynardt Rijnsburger. Plaasvervangers: Morné Brandon, Kayden Kiewit, Ruan Smith, Raynard Roets, Ruhan Straeuli, Nico Steyn, Vaughen Isaacs en Stean Pienaar.
Pumas: Devon Williams (heelagter), Jade Stighling (regtervleuel), Stefan Coetzee (buitesenter), Ali Mgijima (binnesenter), Lundi Msenge (linkervleuel), Tinus de Beer (losskakel), Giovan Snyman (skrumskakel), Ruwald van der Merwe (agtsteman), André Fouché (flank), Jaco Labuschagne (flank), Shane Kirkwood (kaptein en slot), Malembe Mpofu (slot), Njabulo Gumede (stut), Corné Fourie (haker) en Cameron Dawson (stut). Plaasvervangers: PJ Jacobs, Etienne Janeke, Simon Raw, Jeandré Leonard, Franna Kleinhans, Chriswill September, Brandon Thomson en Andrew Kota.
- Curriebeker-bepalings:
Vrydag:
17:00: Lions teen Pumas in Johannesburg
19:05: Cheetahs teen Griffons in Bloemfontein
Saterdag:
13:30: Haaie teen Griekwas in Durban
18:30: Westelike Provinsie teen Blou Bulle in Kaapstad
- Punteleer:
- Pumas: 29 punte
- Cheetahs: 26 punte
- Sharks: 19 punte
- Griekwas: 19 punte
- Blou Bulle: 17 punte
- Westelike Provinsie: 16 punte
- Leeus: 14 punte
- Griffons: 7 punte
Die Pumas speel tans goei rugby en die Leeus sal moet uithaal en wys.