Lood kies ook koers oorsee

Lood de Jager. Foto: ANA.

Die Engelse Premierligaspan Sale Sharks het pas aangekondig dat hy die dienste van Lood de Jager, Springbok- en Bulls-speler, bekom het.

De Jager het ’n kontrak van drie jaar by die klub onderteken en sal voor die 19/20 Gallagher Premierliga in Manchester aankom. Of, as hy vir die Bokgroep gekies word, ná die Wêreldbeker in Japan.

Die 26-jarige slot het sy loopbaan by die Toyota Cheetahs begin en was vinnig in die kollig ná ’n briljante eerste seisoen. Die reus van 2,05 m het uiteindelik 40 Superrugby-wedstryde vir die Vrystaters gespeel en het in 2015 die SA Rugbyspeler van die jaar-toekenning gewen.

De Jager laat die skaal op 125 kg kreun en is ’n tier op die rugbyveld. Hy het sy Springbokdebuut in 2014 op 21-jarige ouderdom gemaak en het al 38 wedstryde vir die Bokke gespeel.

In 2016 het hy die skuif van Bloemfontein na Pretoria gemaak en het 20 keer vir die Bulls uitgedraf. Hy was vanjaar die kaptein van die span vóór sy besering.

Sale Sharks het verlede maand ook vir Akker van der Merwe en Robert du Preez uit Durban weggerokkel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

LOL ·

Vir daardie groot geld sal sy oogknippe meer op “bright” as “dim” moet wees.

Kiewiet ·

Hy Het Bulle toe gegaan omdat hy gese het hy wil sy rugby in , in wenspan gaan speel. Toe val hy saam met sy Bulle span uit die bus uit, Want hulle het omtrent al hul wedstyde verloor waarin hy gespeel het. Wonder wat gaan hy nou se.

ANNA ·

VLIEG HOOG,LOOD! ??
Mag dit GOEDgaan met jou in ñ baie beter land, met baie minder kritiek!

Speedguard ·

Goeie besluit Lood , gaan verdien al beledig almal jou, gaan maak jou geld , knip jou oe net so veel as jy wil , die mense met die kretiek, wat het julle bereik in sport (sonder poletiek) en dink julle hy het self besluit om na Kalfies toe te gaan of het hulle hom gekoop?? dink bietjie voor julle praat julle slaan julle name met ‘n plank !!!

Wurmpie ·

Lood jy is en sal een van die beste slotte wees. Dit is jammer laat ons jou moet verloor. Jy kan nie teen politiek speel nie. Gaan altyd verloor. Sterkte by jou nuwe span en ons weet hulle sal vir jou sorg

HP ·

Totaal en al ‘overrated’. Het geen impak by die Bulls gemaak nie.

HP ·

Laat hulle maar Frank. As Sale `n toonaangewende klub was sou ek my gesteur het aan wat hulle dink.

Swartwolf ·

Suid Afrika lewer steeds die beste individuele rugby spelers in die wereld op. Maar sit die beste in ‘n span, met 50 % kwota spelers soos per die cANCer se voorskrifte wat 3 de en 4 de beste is, vervang die springbok met ‘n verlepte protea truitjie, gooi al die politiek en korrupsie van die administrators by, en SA spanne wen nie meer nie. So as Lood nou so sleg is soos wat sommige se waarom word hy, en ander SA spelers miljoene Euro’s aangebied om oorsee te speel. En kyk wie kry die groot geld aanbiedinge……nie kwota spelers nie hulle bly. Die oorsese klubs het die visie en verstaan dat goeie spelers presteer fantasies as die regte kultuur vir hoe prestasie geskep word. Selfs die beste spelers onderpresteer in ‘n toksiese omgewing. SA rugby met sy kwota bestuur, kwota protea kaptein en korrupsie administrasie is ‘n siek kultuur waar geen speler ten spyte van sy natuurlik talent sy volle potentiaal ooit sal bereik nie. Bafana Banana hier kom ons.

al ·

As ek die kommentaar so lees, kan mens sien die flou suidewinde gaan nog lank tob oor die 40-3 loesing. Wie was die kaptein op die dag?? Lood. Mens kan seker ook nie veel stry as jy laaste op die log is en die Bulls eerste nie?? Geen impak – watwou?? Sterkte Lood, by Sale gaan jy nie al die onnodige kritiek hoef te verduur nie. Voorspoed ou grote!!

Babertondaisy ·

Stem saam Lood sal brilliant wees oorsee. Windjies het nog nagmerries oor daai 40-3.

Piet ·

Gaan jou goed , jy is te wit vir SA so gaan waar jy waarduer word

LOL ·

Voorspoed Lood, die Bulls ondersteuners ry op jou Cheetah rug.

Moes destyds ‘n moeilike besluit gewees het om jou Hilux terug te gee in Bloemfontein? Maar nou sal jy ‘n Landcruiser kan bekostig sonder ‘n borg se hulp; alles gebeur vir ‘n rede!

Swartwolf ·

Dalk sal hy ‘n Range Rover geborg deur die klub ry wie worry dan om ‘n Land Cruiser te koop. Klink of jou aanmerkings suur druiwe is.

Frans C ·

Wonder net wanneer ondersteuners sal begin besef dat rugby vandag ‘n werk is,soos enige ander werk.Dit is egter ‘n werk met ‘n beperkte lewensduur en gaan spelers plaaslik van kleiner spanne na groters spanne met beter voordele en dan oorsee,want met ‘n wisselkoers van R18 teen ‘n Britse pond is geen span plaaslik finansieël sterk genoeg om spelers te behou nie.

Geen span het ‘n kans as hy aanhoudend sy spelers verloor nie en dit is dom mense wat
wat hul self verlustig in die ondergang van SA spanne.Sale Sharks is ‘n klub wat aan ‘n privaat eienaar behoort met ‘n omset van 8.3 m BP. 11de meeste in kompetisie.

Dit is R 154 245 922,00. Watter provinsie Jaco kan met dit meeding?

jannie ·

Lood speel inelk geval 2 games dan is hy 17 games af met besering….so geen loss vir ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.