Madosh, Morné in CB-span

Madosh Tambwe. Foto: GB Jordaan.

Die Blou Bulle het weer ’n spul ervare spelers tot hul beskikking wanneer hulle môreaand teen die Haaie in ’n Curriebeker-wedstryd op Loftus Versfeld speel.

Arno Botha sal ’n sterbelaaide span – met spelers soos Kurt-Lee Arendse, Lionel Mapoe, Madosh Tambwe, Morné Steyn en Lizo Gqoboka in die beginvyftiental – aanvoer. Verskeie van die spelers het die afgelope naweek teen Munster in die Verenigde Rugbykampioenskap-reeks gespeel.

Die Haaie is tans saam met die Cheetahs die enigste twee onoorwonne spanne in die plaaslike rugbytoernooi en hulle sal ook hul staal op Fort Loftus wil wys.

James Venter sal die Durbaniete op die veld lei, terwyl Yaw Penxe en Curwin Gertse agterlangs vir die nodige vaart sal sorg.

Die wedstryd begin môre om 20:00 en die aksie sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Blou Bulle: Kurt-Lee Arendse (heelagter), Canan Moodie (regtervleuel), Lionel Mapoe (buitesenter), Harold Vorster (binnesenter), Madosh Tambwe (linkervleuel), Morné Steyn (losskakel), Keagan Johannes (skrumskakel), WJ Steenkamp (agtsteman), Arno Botha (flank en kaptein), Cyle Brink (flank), Janko Swanepoel (slot), Walt Steenkamp (slot), Kowie Roos (stut), Schalk Erasmus (haker) en Lizo Gqoboka (stut). Plaasvervangers: Johan Grobbelaar, Gerhard Steenekamp, Jacques van Rooyen, Ruan Nortjé, Elrigh Louw, Marco Jansen van Vuren, Chris Smith en Cornal Hendricks.

Haaie: Inny Radebe (heelagter), Yaw Penxe (regtervleuel), Marnus Potgieter (buitesenter), Murray Koster (binnesenter), Curwin Gertse (linkervleuel), Tito Bonilla (losskakel), Cameron Wright (skrumskakel), Celimpilo Gumede (agtsteman), Thembelani Bholi (flank), James Venter (flank en kaptein), Hyron Andrews (slot), Emile van Heerden (slot), Wiehahn Herbst (stut), Fez Mbatha (haker) en Dian Bleuler (stut). Plaasvervangers: Dan Jooste, Braam Reyneke, Lourens Adriaanse, Jeandré Labuschagne, Ntsika Fisanti, Sanele Nohamba, Jordan Chait en Ethan Fischer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chris dupreez ·

Dit gaan n tranedal wees as die bulle nog verloor ook met al die spelers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.