Mapimpi dalk in die sop

Argieffoto van Makazole Mapimpi (Oktober 2019) (Foto: Anne-Christine Poujoulat/AFP)

Makazole Mapimpi, die Sharks se Springbok-vleuel, is dalk in die sop ná die Durbaniete se Kampioenebeker-wedstryd teen Bordeaux-Bégles.

European Professional Club Rugby (EPCR) het ʼn klagte ontvang dat die 32-jarige blits glo met sy hand kontak met Maxime Lucu (Bordeaux-skrumskakel) se oë gemaak het.

Volgens Lucu het die voorval in die 36ste minuut van die wedstryd plaasgevind en hy het die skeidsregter Luke Pearce in kennis gestel.

Hoewel daar nie onmiddellike beeldmateriaal beskikbaar was nie, het Brian Campsall (sitasiebeampte) intussen ʼn klagte aanhangig gemaak.

“Anthony Davies (Engeland), Leon Lloyd (Engeland) en Donal Courtney (Ierland) sal aan die stuur van die tugverhoor wees wat Woensdag via videokonferensie sal plaasvind,” het die EPCR in ʼn amptelike verklaring gesê.

Kragtens Wêreldrugby se vuilspelregulasies kan Mapimpi tot 12 weke geskors word indien hy die swaarste straf opgelê sou word.

Die Sharks het vir Bordeaux op ʼn drafstap met 32–3 geklop en hulle speel Saterdag teen Harlequins in Engeland.

  • Kampioenebeker-punteleer (Groep A):
  1. Leinster: 15 punte ná drie wedstryde
  2. Sharks: 14 punte ná drie wedstryde
  3. Saracens: 14 punte ná drie wedstryde
  4. Exeter: 11 punte ná drie wedstryde
  5. Edinburgh: 11 punte ná drie wedstryde
  6. Bulls: 10 punte ná drie wedstryde
  7. Harlequins: 7 punte ná drie wedstryde
  8. Racing 92: 5 punte ná drie wedstryde
  9. Gloucester: 5 punte ná drie wedstryde
  10. Lyon: 3 punte ná drie wedstryde
  11. Bordeaux-Bégles: 2 punte ná drie wedstryde
  12. Castres: geen punte ná drie wedstryde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Harley Davidson ·

Baie goeie en nederige speler as dit gebeur het glo ek was dit net ‘n ongeluk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.