Matt kap na ‘immorele’ Bok-taktiek

Die Springbokke spog met ’n gedugte groep voorspelers. (Foto: Julien de Rosa/AFP)

Matt Williams, die voormalige Skotland- en Leinster-afrigter, het weer eens na die Springbokke se plaasvervangersverdeling gekap.

Die Suid-Afrikaners het sewe voorspelers onder hul reserwes vir Saterdag se Wêreldbekerwedstryd teen Ierland gekies.

Die 63-jarige Australiër het op ʼn Virgin Media-rugbypodsending behoorlik mond uitgespoel oor die Bokke se spankeuse.

“Is dit slim rugby in ʼn Wêreldbekertoernooi? Ja. Is dit goeie taktiek? Ja. Maar dit is immoreel,” het hy gesê.

Volgens Williams is hy nie bekommerd oor die Ierse voorspelers nie – hulle sal hul man teen die Springbokke kan staan. Die spreekwoordelike papaja kan egter die spreekwoordelike waaier tref wanneer amateurspelers die taktiek probeer naboots.

“As ʼn span se voorry moeg is en hul teenstanders spog skielik met sewe vars voorspelers op die veld, kan dinge later in die wedstryd skeefloop; veral as daar ʼn skrumstrafskop toegeken word. Spelers kan dan beslis beserings opdoen.”

Die uitgesproke oudafrigter glo dat dit sy plig is om toekomstige rugbygenerasies teen só ʼn taktiek te waarsku.

“Ek het groot waardering vir die Springbokke en ek bewonder hulle as ʼn rugbyspelende land; saam met Nieu-Seeland is hulle die beste in die wêreld. Maar hierdie taktiek is nie reg vir die spel nie.”

Williams het al vantevore gekla dat die Suid-Afrikaners die plaasvervangersbank as’t ware misbruik, maar Rassie Erasmus steur hom nie veel aan die onderlangse gebrom nie.

“Ons volle aandag is nou op ons eie spel en wat ons gaan doen om suksesvol in die Wêreldbekertoernooi te wees. Om eerlik te wees, ons nie gee veel aandag aan wat die ander spanne doen of hul sienswyses nie,” het SA Rugby se direkteur van rugby gesê.

Aussies Eddie Jones en Drew Mitchell meen terselfdertyd dat die Bokke ʼn klop op die skouer vir hul innoverende benadering verdien.

“Mense kla bloot net omdat dit gewerk het. As dinge skeefgeloop het, sou geen haan daaroor gekraai het nie,” het Mitchell, ’n voormalige Wallaby-vleuel, getwiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Jr ·

Soos Mal emmer sal sê. Don’t be a crybaby, just because you too dumbo to think it out. Cry me a river

Andrew ·

In n klub wedstryd , het ons 6 beserings gehad almal by die voorspelers. Nog een minder reserwe want die een speler het nie opgedaag nie. Waar ons vroeg voor was en sterk in die pak vertoon het, kon ons eenvoudig nie daarna die mas opkom met agterspelers op slot en vlank nie. Nou, is dit dan nie moreel om in so n geval die ander span te kry om ook 6 voorspelers te ruil en met een minder reserwe te speel dat almal op dieselfde voet kan wees nie? Siende dat ons bekommered is oor die amateurs. Ek dink ook dat amateur klubs het net een span, en bestaan iets soos n sterk bomb squad nie in amateur rugby nie, coaches is te bly daar is 22 ouens wat opgedaag het.

SwartBees ·

Die naam klub wedstryd moet eerder verander word na klap wedstryd.

Mnr De Beer ·

Hulle is gelukkig om nie te sukkel met politieke aanstellings in hul sport.

SwartBees ·

Hou op met kerm en verbaas wêreld rugby met jou eie uit-die-boks idees. Waar in die reels staan wie, wat en waar jou plaas vervangers moet speel? Al wat ek in die reels lees is dat daar 8 plaas vervangers mag wees. Nerens word genoem van grotte, ouderdom, posisie, vinnig, stadig….blah blah blah.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wêreldrugby vereis dat daar moet ‘n reserwe voorry op die bank wees. Die res is die afrigter se keuse.

Johan Botha ·

As jy wil wen. gaan jy nie dit makliker maak vir jou teenstanders nie.

Manie ·

Niemand keer ander spanne om 7 agterspelers te kies nie, so waaroor huil die oukie?

Elma ·

Wonder ek ook Manie. En niemand dink dis onregverdig dat van ons vleuels klein (al is hulle uitstekend) is nie, hulle skrik net vir die groot manne en sien dit as onregverdig.

Elma ·

Ek wens die ou wat so af gesiggies op elke kommentaar gooi wil eerder die Sowetan gaan lees. Duidelik stem hy/sy nie saam wat die meeste mense sê nie!

Anel ·

Sovêr ek weet, is amateurs nie betrokke nie. En is dit nie die afrigter se werk om te sorg dat sy spelers goed afgerig moet wees nie? Maak nie saak wat die ander span mee vorendag kom nie? Suur druiwe omdat die Bokke julle nou weer ore aangesit het!!!!! As dit nou ‘n ander span was, het geen haan daarna gekradi nie! So, kom daaroor en dink jou eie planne uit! Julle eord uit oorlê deur ‘n briljante span!!! Kan maar net lag!!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Rassie se plan kan wel backfire. Drie beserings in die agterlyn en dis nag. Faf en De Ellende het al heelwat kopstampe gehad. En Kolbe se lyfie is bra broos.

Bolandse Nooi ·

“So what” – rugby spanne se afrigters kan mos kies wie hulle wil, wanneer hulle wil, waarom hulle wil? Hoekom het Ierland dan nie óók ‘n plaasvervanger bank met ewe veel voorry-spelers nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.