Nienaber kies sy span om Skotte te tem

Springbok-afrigter Jacques Nienaber (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Die Springbok-span vir die eerste Wêreldbeker-wedstryd teen Skotland is bekend en altesaam 11 van die spelers wat vroeër met die All Blacks op Twickenham afgereken het, het hul plek in die beginvyftiental behou.

Damian Willemse, Kurt-Lee Arendse en Cheslin Kolbe vorm die agterste driehoek, met Jesse Kriel en Damian de Allende die senterkombinasie.

Manie Libbok en Faf de Klerk is die skakelpaar, terwyl Jasper Wiese die no .8-trui dra met Duane Vermeulen op die plaasvervangersbank.

Frans Malherbe, Malcolm Marx en Steven Kitshoff vorm ʼn gedugte voorry, terwyl Eben Etzebeth saam met Franco Mostert in die lynstane sal rank.

Canan Moodie en Jean Kleyn is egter nie vir die span oorweeg nie omdat hulle onderskeidelik met ʼn ligte dyspier- en kniebesering sukkel.

Jacques Nienaber het ses voorspelers op die plaasvervangersbank gekies, terwyl Grant Williams en Willie le Roux later in die wedstryd hul verskyning op die veld kan maak.

Die wedstryd begin Sondag om 17:45 en die aksie word regstreeks op SuperSport uitgesaai.

Lees môre meer oor die span en die komende wedstryd op Maroela Media.

Springbokke: Damian Willemse (heelagter), Kurt-Lee Arendse (regtervleuel), Jesse Kriel (buitesenter), Damian de Allende (binnesenter), Cheslin Kolbe (linkervleuel), Manie Libbok (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Jasper Wiese (agtsteman), Pieter-Steph du Toit (flank), Siya Kolisi (kaptein en flank), Franco Mostert (slot), Eben Etzebeth (slot), Frans Malherbe (stut), Malcolm Marx (haker) en Steven Kitshoff (stut). Plaasvervangers: Bongi Mbonambi, Ox Nche, Trevor Nyakane, RG Snyman, Marco van Staden, Duane Vermeulen, Grant Williams en Willie le Roux.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jack ·

Ja.ongelukkig ondersteun ons lankal nie meer enige sport is SA nie.politiek,transformasie en kwotas het dit verwoes.Ondersteun die kiwi’s of Aussies.

Elma ·

elke “kwota speler” wat tans in die Springbokspan is verdien sy plek daar. Hulle speel almal n pragtige spel en maak enorme bydraes tot elke wen. Elkeen van hulle. n Goeie rugbyspeler bly n goeie rugbyspeler.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wat van laer vlakke? Wat van skoolkinders wat weens kwotas nie aan hokkie, netbal en rugby toernooie mag deelneem nie? Kwotas vernietig sport, net soos BEE in die werkplek. Maar kyk weg en geniet jou sportplesiertjie.

Jack Russ1 ·

Kwotas is verseker ‘n gemors. Ons het eerstehandse ondervinding daarmee waar ons seun sy plek in ‘n streekspan verloor het.

Maar, wie van hierdie huidige groep is nie daar op meriete nie?

Republikein in die Wes Kaap ·

Die sisteem pla. Verwyder kwotas op alle vlakke en die saak is reg. ‘n Afrigter sal die bestes kies, ongeag ras. Ons is besig om onreg weg te praat.

Christo ·

Stem 100% saam met jou. Ek sal seker nooit weer in my leeftyd, hierdie span kan ondersteun nie. Daai dae is lankal verby

Michael ·

Nienaber kies niemand nie-Erasmus is aan stuur van die keuses en afrigting. Nienaber net window dressing. Hys net daar omdat hy en Erasmus boesemvriende is

George ·

Rassie kies die span. Rassie doen wel net 50% van sy werk, waar is hy met die dames rugby, hy is die direkteur van SA Rugby, nie net van die Springbokke nie.

kragaap ·

Hoeveel inkomste word deur dames rugby gegenereer ? Daar is jou antwoord.

Jack Russ1 ·

Inkomste is nie veronderstel om rol te speel nie, hy moet SA rugby in geheel bevorder.

Maar

Ek het nou die dag gehoor dat die vroue sokker spanne omtrent 20% van die inkomste gekry het van die vroue wereld beker, van omtrent 400m. Die mans sokker spanne het 7% gekry van die mans wereld beker se inkomste, van omtrent 3.6b. Nou word daar gekla dat die mans meer geld kry as die vrouens, maar niks word gesê daarvan dat hulle 9 keer meer inbring nie.

Kobus ·

@Micael, wat maak dit tog saak wie die span kies. Die “bottom line” id die span moet wen. Kom ons los die beuselagtighede en ondersteun die span, ongeag wie die span kies.

Elma ·

Ek stem. Ek onthou baie goed toe Nienaber die Cheetahs afgerig het. Hy het daardie span tot groot hoogtes geneem.

Michael ·

Elma, Nienaber was nog nooit die hoofafrigter van enige span op enige vlak voor hy die “hoofafrigter” van die springbokke geword het nie. Hy was slegs deel van die afrigtingspan . Hy het “afrigter” van die bokke geword agv sy bande met Erasmus. En hy rig ook nie die span nou af nie maar wel Erasmus. Erasmus ook net “direkteur” van rugby in naam want hy is geensins by enige ander vlak van rugby in SA betrokke nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.