Nog streepsuiker vir Blitsbokke

(Foto: Springbok Sevens/Twitter)

Die Blitsbokke se teleurstellende vertonings in dié seisoen se sewesreeks duur voort nadat hulle Saterdagaand op Twickenham hul derde wedstryd in die Londense toernooi met 21-31 teen Nieu-Seeland verloor het.

Die Blitsbokke kon dus nie vir die kwarteindronde kwalifiseer nie en moet nou in ʼn Afrika- kwalifiserende toernooi speel om vir die Olimpiese Spele in 2024 in Frankryk te kwalifiseer.

Die Blitsbokke is Saterdagoggend met 19-15 deur Brittanje geklop en hulle het met 26-26 teen Amerika gelykop gespeel.

Die Blitsbokke het voor die toernooi ʼn baie skraal kans gehad om outomaties vir die Spele te kwalifiseer deur voor Samoa en Australië op die puntelys te eindig. Albei van hulle het wel deurgedring tot die kwarteindronde en gaan Spele toe, maar die Blitsbokke speel Sondagoggend teen Japan in die halfeindronde om die negende posisie.

* Puntemakers: Nieu-Seeland 32 (20): Drieë: Akuila Rokolisoa (3), Che Clarke, Xavier Harris (2). Doelskop: Tepaea Savage.

Suid-Afrika 21 (0): Drieë: Impi Visser, Mfundo Ndhlovu, Ryan Oosthuizen. Doelskoppe: Ricardo Duarttee, Ronald Brown (2).

Bepalings van die kwarteindronde: 10:45: Argentinië t. Ierland; 11:07: Samoa t. Brittanje; 11:29: Fidji t. Australië; 11:51: Nieu-Seeland t. Frankryk.

Saterdag se uitslae: Australië 33, Spanje 12; Samoa 28, Frankryk 21; Fidji 33, Ierland 12; Argentinië 43, Japan 12; Brittanje 19, Suid-Afrika 15; Nieu-Seeland 35, VSA 17; Samoa 24, Australië 14; Frankryk 35, Spanje 21; Ierland 40, Japan 7; Argentinië 40, Fidji 12; Suid-Afrika 26, VSA 26; Nieu-Seeland 20, Brittanje 5; Samoa 40, Spanje 17; Australië 26, Frankryk 12; Fidji 54, Japan 7; Ierland 14, Argentinië 12; Brittanje 21, VSA 19; Nieu-Seeland 32, Suid-Afrika 21.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

George ·

Daar kom in alle sport, in alle spanne n deel om weer te herbou. Ons 7s is tans nou daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.