Pollard en ander Bokke toets ook positief

Jacques Nienaber. Foto: ANA.

Die wêreldwye Covid-19-pandemie het ook ’n negatiewe invloed op die Britse en Ierse Leeus se toer na Suid-Afrika.

Warren Gatland-hulle se wedstryd teen die Bulls is amptelik opgeskort nadat vier van die Pretorianers se spelers en ’n lid van hul bestuurspan positief vir die virus getoets het.

Daarbenewens het die Springbokke ook gister aangedui dat hulle eers sal wag om hul span vir die tweede toets teen Georgië aan te kondig nadat Lood de Jager die virus opgedoen het. ’n Rukkie daarna het die nuus gebreek dat Handré Pollard, Marvin Orie, Frans Steyn, Frans Malherbe en ses van die Suid-Afrikaners se bestuurspanlede (onder wie Jacques Nienaber) ook positief vir Covid-19 getoets het.

Suid-Afrika se Handré Pollard. Foto: Charly Triballeau/AFP.

“Hierdie positiewe uitslae is ongetwyfeld ’n terugslag en dit het die gevaar van die oordraagbaarheid van die Delta-variant beklemtoon,” het Jurie Roux, SA Rugby se uitvoerende hoof, gesê nadat vier van Georgië se spelers ook positief  vir die virus getoets het.

Dit beteken dat die komende toetswedstryd teen die Oos-Europeërs ook in gedrang is. Die mediese raadgewende groep (MAG) sal later vandag ’n besluit neem of die kragmeting voortgaan of nie.

Volgens Roux is dit hul prioriteit om die integriteit van die toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus te behou. Intussen gaan die besoekers se toerwedstryd teen die Sharks vanaand in Johannesburg voort.

Jimmy Stonehouse, die hardebaard-afrigter van die Pumas, het vroeër aan Maroela Media gesê dat ’n afrigter se grootste uitdaging in die Covid-19-era is om te verhoed dat sy spelers die virus opdoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anthony ·

Ek het n gevoel ons gaan die toer gaan moet halt. Wat kan mens anders doen, dis maar een van die vele nagevolge van Covid. Buite ons beheer

Moedeloos ·

Hoekom gaan die toer aan in hierdie tyd wat die virus op sy ergste is.

Androclus ·

Daar is nie ore nie die wat aan bestuur is kan nie die dinge raak sien nie.

Androclus ·

Dankie dat hulle jou kommentaar plaas ,want myne word nie geplaas het al 3 maal probeer maar te vergeefs ek voel dieselfde soos jy.

Hendrik ·

Nee wat mense ons het so baie talent en spelers wat op meriete gekies kan word. As ‘n persoon siek is vervang hom met ‘n meriete speler. Moenie die toer opskort nie.

piet ·

Ek verskil met jou, ek dink die gehalte van ons plaaslike spelers (wat hier in SA in kompetisies speel) is onder ernstige verdenking.

Moedeloos ·

Hendrik daar is baie mense daar buite wat honger ly en werk verloor agv die covid maar die rugbyspelers word toegelaat om met hul WERK voort te gaan en dan word hulle nog siek ook en steek ander aan. Dit is nie vir my reg nie.

Hendrik Marthinus ·

Hierdie toer moes nooit gebeur het nie
Dus n klug wat gebeur, wag liewer of stel die toer heeltemal af
Die virus is op Sy ergste, vergeet van Hulle kom elke 12 Jr, niemand het die virus voorspel nie
Of wag Dan tot Herd Immunity bereik word

piet ·

Dit sal werk as die spelers werklik in isolasie gehou word maar dit gebeur verseker nie. Kom en gaan seker soos hulle wil want hoe steek hulle dan aan?

Hendrik Marthinus ·

Nee Hel Piet
Ek was ook Onder die in druk met die Bubble Lewe dat jy so te se 100% veilig is
Maar lyk my ook die manne gaan saans uit
Hoe verduidelik men’s Dan soveel positiewe toetse
Stel toer af, en soos MakersMark tereg se, die toer is al vir jare in beplanning
Covid is al amper 2 jaar deel van ons, en Steeds kort daar ernstig iets om spellers gesond te hou

piet ·

Hoe werk die isolasie dat spelers steeds aansteek? Hulle kry seker tyd om buite rond te beweeg, shopping te doen, ens. Help nie so nie.

MakersMark ·

Presies piet ek vra dieselfde almal weet van die toer jare vooruit kan hul nie reelings tref om die spelers en beamptes veilig te hou nie ? Die B&IL oefen al ‘n maand saam tussen London, Isle of Man en sluit in die reis na SA en die verblyf in hotelle en nie een CV19 geval nie. Bokke speel een wedstryd en 10 spelers en beamptes siek. Swak beplanning en dissipline.

piet ·

Hulle gaan die ouens in ‘n hotel moet toesluit en isoleer minstens vir 2 weke voor die eerste toets anders gaan hier probleme kom. Net oefenveld toe en terug.

Hendrik Marthinus ·

Dus soos ek verstaan dit moes gewees het van dag wat Hulle in secure bubble ingegaan het
Kyk Dan hoeveel sportmanne in verlede gepraat het van bubble fatigue
Krieketspelers Onder Ander Quinto de Kock het uit gebrand asgevolg van die te streng reels
Maar die Bokke se bubble het gebars in my opinie
Die manne raak sieker as ons wat nie in n bubble lewe nie
Die manne het dokters etc 24 hours available

Gideon ·

Die toer se uitslae gaan geen waarde dra…alle sport moet uitgestel word! Op die ou einde gaan die span keuses deur die virus bepaal word en nie die afrigters nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.