Rugby: All Blacks wys Amerikaners hoe dit gedoen moet word

Richie Mo’unga van die All Blacks (Foto: Andrew Caballero-Reynolds, AFP)

Die All Blacks het die Amerikaanse Eagles die rugbyles van hulle lewe gegee toe hulle in Washington met 104-14 met hulle afgereken het. Dit was ʼn wedstryd vol hardlooprugby met bitter min skoppe wat ʼn uitstekende advertensie vir die spel was in ʼn land wat baie potensiaal het vir die uitbreiding van rugby. Die Amerikaners het juis aangedui hulle wil wêreldbekertoernooie aanbied.

In die vorige kragmeting tussen die spanne was die eindtelling 74-6 in 2014 in Chicago.

Reeds binne die eerste 30 sekondes van die wedstryd het Luke Jacobson die eerste van die besoekers se 16 drieë gaan druk. As die Amerikaners iets in die wedstryd kon oefen, dan was dit hulle afskoppe en hoe om agter die pale te staan.

Die All Blacks het feesrugby gespeel met losskakel Richie Mo’unga wat die bal rondgeslinger het om spelers hardloopkans te gee. Dit was All Black-rugby op sy heel beste en dit was nie eens hulle beste span nie.

Die wedstryd is die eerste van vyf op Nieu-Seeland se noordelike toer. Volgende Saterdag speel hulle teen Wallis en dan volg wedstryde teen Italië, Ierland en Frankryk.

Puntemakers:

All Blacks 104 (59)

Drieë: Luke Jacobson (2), Ethan de Groot, Will Jordan (3), Damian McKenzie, Richie Mo’unga, Angus Ta’avao (2), Quinn Tupaea, Dalton Papalii, Anton Lienert-Brown, Beauden Barrett, Dane Coles, TJ Perenara

Doelskoppe: Richie Mo’unga (10), Damian McKenzie

Amerika 14 (7)

Drieë: Nate Augspurger, Ryan Matyas

Doelskoppe: Luke Carty (2)

In die Verenigde Rugbykampioenskap het die Ierse spanne Ulster en Munster vir die eerste keer in die toernooi slae gekry.

Ulster het met 11-36 teen Connacht verloor en Munster moes met 10-18 die knie buig teen Ospreys. Stephen Myler het al Ospreys se punte met sy skopskoen aangeteken.

Leinster (24) het die Glasgow Warriors Vrydag met 31-15 geklop om steeds boaan die punteleer te wees. Ulster (20) is in die tweede plek, gevolg deur Munster (19).

Die toernooi kry nou ʼn blaaskans tot 26 November sodat spelers vir hulle onderskeie lande in die jaareindtoetse kan speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

MakersMark ·

Maklik om 100 op die minnows te sit. Bokke nog steeds hul gelyke en somtyds hul baas…..

Pieter9 ·

Dit is waar die AB baie beter as die Bokke is; die AB speel ALTYD goed. Die Bokke speel sons goed teen gemiddelde spanne, sal beter tot baie goed teen bv die AB speel, maar speel hoofsaaklik altyd Seale teen swak spanne. Die Bokke sou tien teen een VSA so 38 – 18 gewen het.

Anton ·

Ek weet nie wat dit bewys nie. Ons Suid Afrikaners werk nie so nie. As jy eers weet jy wen, verneder jy nie jou opponent verder nie

piet ·

VSA is op die oomblik uiters swak. Hulle het 2 weke gelede 34-15 teen Uruguay verloor.

Reinier ·

Sport gaan oor “entertainment”!en elke wedstryd,vertoning of wedren gaan oor bemarking van daardie sport….Die AB is supersterre en ware ambassadeurs vir die sport rugby…ongelooflik hoe hulle ALMAL die bal kan rondgooi en in spasie in hardloop en ongeag teen wie hulle speel wen of verloor dit bly “entertaining “!net so terloops…hulle blameer ook nie “n skeidsregter na elke wedstryd nie…maak nou nie eitlik saak wie is op papier die nr 1 span nie…die wêreld weet mos wie is werklik die beste!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.