Rugby: Jong Iere leer Junior Springbokke ‘n les

(Foto: @JuniorBoks/Twitter)

Dit gebeur nie aldag dat een van Suid-Afrika se junior rugbyspanne afgeslag word nie.

Wanneer dit wel gebeur, is dit gewoonlik die Junior All Blacks of Engeland, maar Sondag in Kaapstad was dit die jong Iere se beurt om die Junior Springbokke se drome te vernietig.

Die Iere se o.20-span het die Junior Bokke in die Athlone-stadion met 31-12 verfomfaai om tot die eindstryd van Wêreldrugby se 0.20-kampioenskappe deur te dring.

Die Iere, die huidige Sesnasieskampioen (vir 0.20-spanne) het die Junior Bokke voorlangs veral in die tweede helfte oorheers.

Boonop het die Junior Springbokke se dissipline gelol en het hul verdediging en skrumwerk hulle ook in die steek gelaat.

Die Junior Bokke het die toernooi met ʼn oorwinning oor Georgië begin, maar nie heeltemal oortuig nie.

Hulle is deur Italië geklop en het tot die halfeindronde deurgedring na ʼn oorwinning oor Argentinië, maar weer was dit nie oortuigend nie, behalwe vir die laaste 15 minute.

Daar is hope talent en vaardige spelers, maar sake wou net die vlot nie.

Wat kommerwekkend is, is dat die Junior Springbokke die Springbokke van môre is.

Wat het verkeerd geloop? Was dit afrigting, of dalk ʼn verkeerde spelpatroon en taktiek?

Puntemakers: Ierland 31 (7): Drieë: James Nicholson (2), Brian Gleeson, Sam Berman. Doelskoppe: Sam Prendergast (4). Strafdoel: Prendergast.

Suid-Afrika 12 (0): Imad Khan, Coetzee le Roux. Doelskop: Jean Smith.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

piet ·

Enigeen wat die toernooi gevolg het ,sal vir jou se hierdie is geen verrassing nie. Die Bokkies is in al hulle wedstryde voorlangs geboelie. Ek dink nie ek het al ooit tevore ‘n SA nasionale rugbyspan gesien wat voorlangs so oorheers word nie. As jy dan nog byreken dat hulle ‘n maklike loting gehad het met Georgie, Italie (teen wie hulle verloor het) en Argentinie dan moet ons se dat hulle redelik gelukkig was om die semi-finaal te haal. Dit was onvermydelik dat die wiele sou afval sodra hulle teen ‘n goeie span speel. Die keurders moet verseker die blaam dra vir die spankeuses van die voorspelers. Ek laat my nie vertel dat daar nie beter skrummers (en ander voorspelers) in die land is nie.

George ·

Ek stem saam met dat hulle al van dag 1 af swaar trek, maar Italie en Argentinie is al vir jare lank nie “maklik” nie, en dis presies die fout wat ons as Suid Afrikaners maak, onderskat daai spanne elke jaar, SA onderskat Ierland ook.

piet ·

Baie makliker as Frankryk, Engeland, NZ, Ierland, Wallis, Australie. Ierland het die 6N O20’s gewen so hulle is goed.

Frank ·

Plaas dat ons Grey Kollege se eerste span sommer gekies het… met hulle afrigters

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.