Slagorde vir Superheld-Sondag opgestel

Siya Kolisi. Foto: Phando/Jikelo/African News Agency(ANA)

“Superhelde vlieg net saans” is ’n Afrikaanse leesboek wat laerskoolleerlinge in hul kurrikulum moet deurwerk.  Suid-Afrika se rugbyspelers gaan egter vir die skoliere wys dat superhelde ook smiddae hul ding kan doen.

Superheld-Sondag word vanjaar op die FNB-stadion in Soweto aangebied met die Stormers wat in hul Thor-drag om 13:00 kragte teen die Black Panther Sharks sal meet, gevolg deur die Lions (Spider-Man) en Bulls (Captain America) om 15:15.

Die Stormers en die Bulls het al hul spanne vir die opwarmingswedstryde bekendgemaak, met ’n rits Springbokke in John Dobson se groep.

Ses Bokke, waaronder Dillyn Leyds, Damian Willemse, Herschel Jantjies en Hilton Lobberts sal teen die Sharks opdraf. Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, sal op agtsteman begin.

Dan het die Bulls vir Morné Steyn bo die jong Manie Libbok gekies. Die 35-jarige Steyn het die afgelope paar seisoene sy rugby in Frankryk gespeel, maar hy was ’n belangrike skakel in die Pretorianers se vorige Superrugby-seges.

  • Volgens organiseerders sal daar gratis en veilige parkering in Soweto beskikbaar wees, terwyl busse ook vanaf ’n paar winkelsentrums (Menlyn, Mall of Africa en Emperors Palace) sal ry.

Stormers: Dillyn Leyds (heelagter), Sergeal Petersen (regtervleuel), Ruhan Nel (buitesenter), Rikus Pretorius (binnesenter), Edwill van der Merwe (linkervleuel), Damian Willemse (losskakel), Herschel Jantjies (skrumskakel), Siya Kolisi (agtsteman en kaptein), Ernst van Rhyn (flank), Nama Xaba (flank), David Meihuizen (slot), Salmaan Moerat (slot), Neethling Fouche (stut), Scarra Ntubeni (haker), Steven Kitshoff (stut). Plaasvervangers: Chad Solomon, Kwenso Blose, Wilco Louw, Hilton Lobberts, Ben-Jason Dixon, Thys Kitshoff, Golden Masimala, Jean-Luc du Plessis, Seabelo Senatla, Michal Haznar en David Kriel.

Bulls: Warrick Gelant (heelagter), Johnny Kotze (regtervleuel), Cornal Hendricks (buitsenter), Burger Odendaal (binnesenter en kaptein), Rosko Specman (linkervleuel), Morné Steyn (losskakel), Ivan van Zyl (skrumskakel), Josh Strauss (agtsteman), Muller Uys (flank), Wian Vosloo (flank), Juandré Kruger (slot), Andries Ferreira (slot), Wiehahn Herbst (stut), Jaco Visagie (haker) en Simphiwe Matanzima (stut). Plaasvervangers: Johan Grobbelaar, Gerhard Steenekamp, Mornay Smith, Ryno Pieterse, Ruan Nortje, Embrose Papier, Chris Smith, Divan Rossouw, Dylan Sage, Manie Libbok, Jeandré Rudolph, Abongile Nonkontwana, Tim Agaba.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.