Springbokke teen All Blacks: Wie gaan eerste hou inkry?

Rassie Erasmus. Foto: (Kyodo News via AP)

Daar is ontsettend baie op die spel vir die Springbokke en All Blacks in Saterdag se Wêreldbeker-openingswedstryd in Jokohama, want nog nooit kon ʼn span die Webb Ellis-trofee omhoog hou as hy ʼn wedstryd in die groeprondes verloor het nie.

Dis waar die grondslag gelê word, waar ʼn span momentum bou en sielkundig ʼn voorsprong bo sy teenstanders kry.

Die wenspan glo dan hulle kan die toernooi wen (dink maar aan 1995 se Bokke wat die Wallabies met 25-18 geklop en het 2007 se span wat Engeland met 36-0 oorrompel het en voortgegaan het om die toernooi te beklink).

Rekords is sekerlik daar om gebreek te word, maar die wenspan se paadjie na die uitspeelrondes op pad na ʼn moontlike eindstryd, is ook makliker uitgestippel met ʼn kwarteindronde-wedstryd teen Skotland wat wag, terwyl die span wat verloor na alle waarskynlikheid teen Ierland in die kwarteindronde sal speel.

Die All Blacks is die gunstelinge, want hulle het immers die toernooi twee keer in ʼn ry in 2011 en 2015 gewen, hulle het die Rugbykampioenskap ses uit agt keer sedert 2012 gewen en was jare lank eerste op Wêreldrugby se ranglys. Hulle het ook 16 van die afgelope 20 toetse teen die Bokke sedert 2010 gewen.

Die Crusaders het ook nie hul gelyke in die Superreeks nie.

Maar alles is nie klopdisselboom in die All Blacks se kamp nie, want hulle spring rond met hul spankeuses en het oënskynlik nie ʼn teenvoeter vir die Bokke se opskietverdediging nie. Dis nie net hier waar dit gesê word nie, maar ook in hul eie media, ook in die Noordelike Halfrond.

Steve Hansen. Foto: (Tsuyoshi Ueda/Kyodo News via AP)

Die All Black-afrigter, Steve Hansen, het ook toegelaat dat die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, onder sy vel inkruip deur die skeidsregters te vra om nie die All Blacks te bevoordeel nie.

Sou dit ʼn paar jaar gelede gebeur het?

Erasmus het nie die wiel herontwerp nie, hy het net teruggegaan na Suid-Afrika se tradisionele sterkpunte, om voor sag te maak en dan agterlangs te slaan.

Dis hoe die Bokke sal, en gaan, speel. Hulle gaan skop, baie skop. Hulle gaan têkkel, baie têkkel. Hulle gaan maal en dryf, baie maal en dryf.

Hulle kan die All Blacks ontsenu, maar as die Kiwi’s dit te bowe kan kom, sal hulle seëvier.

Hoop maar net die Franse skeidsregter Jérôme Garcès hou sy hande buite sy sakke.

* Spanne:

Suid-Afrika: 15 Willie le Roux, 14 Cheslin Kolbe, 13 Lukhanyo Am, 12 Damian de Allende, 11 Makazole Mapimpi, 10 Handré Pollard, 9 Faf de Klerk, 8 Duane Vermeulen, 7 Pieter-Steph du Toit, 6 Siya Kolisi (kaptein), 5 Franco Mostert, 4 Eben Etzebeth, 3 Frans Malherbe, 2 Malcolm Marx, 1 Steven Kitshoff.

Plaasvervangers: 16 Bongi Mbonambi, 17 Tendai Mtawarira, 18 Trevor Nyakane, 19 RG Snyman, 20 Francois Louw, 21 Herschel Jantjies, 22 Frans Steyn, 23 Jesse Kriel.

Nieu-Seeland: 15 Beauden Barrett, 14 Sevu Reece, 13 Anton Lienert-Brown, 12 Ryan Crotty, 11 George Bridge, 10 Richie Mo’unga, 9 Aaron Smith, 8 Kieran Read (kaptein), 7 Sam Cane, 6 Ardie Savea, 5 Scott Barrett, 4 Sam Whitelock, 3 Nepo Laulala, 2 Dane Coles, 1 Joe Moody.

Plaasvervangers: 16 Codie Taylor, 17 Ofa Tu’ungafasi, 18 Angus Ta’avao, 19 Patrick Tuipulotu, 20 Shannon Frizell, 21 Thomas Perenara, 22 Sonny Bill Williams, 23 Ben Smith.

Afskop: 11:45 (SA tyd).

Skeidsregter: Jérôme Garcès (Frankryk).

Assistent-skeidregters: Romain Poite (Frankryk), Karl Dickson (Engeland).

TV-skeidsregter: Graham Hughes (Engeland).

Verwagte weer: 60% kans op reën, 20 ˚C.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Siener ·

Ek persoonlik dink dit was ‘n dom ding van Rassie om met die skeidsregters te praat oor hulle vermoee om reg te blaas. Ek glo die skeidsregters sien dit in die lig dat hulle onbevoeg is en onregverdig opsetlik verkeerd blaas. Ek glo dit gaan meer teen die bokke tel as teen die All Blacks. ‘n Mens moet aanvaar dat skiedsregters ook mense is wat foute kan en sal maak maar die ander kant van die munt is dat ‘n afrigter eerder bekommerd moet wees dat sy span die game reg speel. Dis waaroor afrigting gaan. Jy leer jou span die game speel met die minste foute en die skeidregter doen sy eie ding sonder inmennning. Ek wonder wat Rassie en die media sou gedoen het as skeidsregters hom kom bevraagten het oor hoe hy die bokke afrig. Ek dink Rassie se gesigkoop gaan hierdie keer teen die Bokke tel.

SjN ·

as dit hul taktiek gaan wees om baie te skop het ek vir Rassie hulle baie slegte nuus.

Derick ·

Rassie het klaar gaan huil by die skeidsregter, so ek sit my geld op die Bokke vir n wen.

Nico ·

Die bokkamp sowel as die skrywer van hierdie berig bewe vir die skeidsregter. So daar verloor hulle al klaar. Onthou net as jy weet wat is links en regs dan weet jy om nie daardie kant by losskrum in te gaan nie. As jy die bal agtertoe uitgee of raak vang kan daar nie ‘n skrum wees nie. As jy weet wat is hoog en laag kan jy nie strafskoppe vir hoog vatte teen jou kry nie. Met Siya, De Elendig en Flou Louw in die span ondersteun ek hulle in elkgeval nie SA nie en met die rassis se foto wat nog boonop op môre se truie is sê ek go NZ.

BM ·

Om te skop is om besit weg te gee en te hoop vir die beste. So betrek jy juis die All Blacks se agterspelers by die spel en dit is waar hulle sterk punt is.

Nico ·

Rassie if you teach your rich big boys they must also know the rules like which is left, right and back of the loose scrum they will not concede penalties. If they know what is forward and backwards when they pass the ball or the receiver can catch the ball there will be know scrums against them. If they know what is low or high there would’nt be penalties or yellow/red cards for high tackles. So first take control of your own game before you blame the reff. If you minimize the above the 50/50 calls should’nt have any influence in the end score. Because of the photo that will be on jersey tomorrow and the the inclusion of Siya, De Elendig and Flou Louw I support the black team!

sweis ·

Ek weet nie wie gaan die eerste hou inkry nie maar ek weet wie gaan die uitklophou plant en dit gaan nie Rassie se span wees nie.

thys swart ·

Sal net graag wil weet hoekom net Chester wat oorlede is op springbok trui moet wees? Wat van die ander wat oorlede is, soos James Small ,ens wat ook in die 1995 wereld beker span was. Gaan hulle ook darem vereer word? Almal het mos bygedra vir die oorwinning. Hoekom nou juis die een uitsonder.Ek dink dis baie onregverdig.

Nico ·

Oor hy seker die eerste swart bok by SA wêreldbeker was. Ek het groot respek vir sy spel gehad maar na ek sy boek gelees het, het alle respek vir hom as mens verloor. Daarin drup hy van rasisme en hoe sy velkleur hom die desig nan 1995 se toernooi gemaak het.

Japie Bruyns ·

Persoonlik dink ek Rassie het n fout gemaak om Mapimpi en de Allende in die begin span te kies. My keuse is Nkosi en Frans Steyn. Mapimpi gaan beslis nie opgewasse wees teen Reese nie. Die Bokke moet ook nie oorgerus wees na hulle die rugby kampioenskap gewen het nie.

Herman Goosen ·

Nieu Seeland het geglip om die laaste wedstryd gelykop te laat eindig. Ek hoop hulle gee die Springbokke ‘n behoorlike loesing. Weg met BEE organisasies!

Werner ·

Ek was ook ongelukkig oor opmerkings in Chester se boek. Veral teenoor Francois en James.

Swartwolf ·

Stem saam. As hy rassisme in die span ervaar het hoekom het hy gebly en toe die beker klaar gewen is toe is dit skielik ‘n probleem en hy blaker dit uit om Pienaar te diskrediteer sonder dat hy dit ooit met hom bespreek het. Swak styl, lae integriteit.

Apools ·

Dalk nar van die game. Wonder of hy dieselfde geluide op die veld maak as op tv.

Poot ·

Whaaaaahahaha buffel. En wat sê jy nou na die game. Kolisi kan nie eers die hele game deurspeel nie.

Valerie ·

Die saffas se houding is reeds pateties en pofferig voor die game, en as die klompie verskonings maak nog voor hul verloor, soveel erger. sal nie naby die eindstryd kom nie. Die afrigter sit enige mens af met sy sinne wat nie sin maak nie.
Baie, baie bly ABs het die enetjie uit die pad, en dit nogal met Beauden op heelagter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.