Stampvol stadion vir eindstryd verwag

(Foto: Hansie Linde)

Die kaartjies vir die Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd tussen die Stormers en Munster is binne drie uur uitverkoop.

Die kaartjies is vandag aan die publiek beskikbaar gestel en die Stormers het binne ʼn japtrap op sosiale media bevestig dat daar nie meer ʼn enkele kaartjie te koop is nie.

Volgens Michael de Vries, die Kapenaars se mediabestuurder, kan 55 000 toeskouers die pawiljoensitplekke van die DHL-stadion volsit, maar ʼn meer akkurate bywoningsyfer sal eers op die dag van die wedstryd beskikbaar wees.

Die kwarteindstryd tussen die Stormers en die Bulls op die einste stadion het die grootste skare nóg vir ʼn VRK-wedstryd in Suid-Afrika opgelewer, terwyl dit ook ʼn bywoningsrekord vir enige wedstryd in aanloop tot die eindstryd was.

SA Rugby het toe bevestig dat 44 109 toeskouers toe die wedstryd bygewoon het.

Die Stormers het vir ʼn tweede agtereenvolgende VRK-eindstryd gekwalifiseer toe hulle Connacht met 43 – 25 geklop het.

Jack Crowley se puik skepskoppoging het daarna die Kapenaars se tuiseindstryd teen Munster verseker.

  • Die wedstryd word op 27 Mei beslis en die aksie sal om 18:30 begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.