Toulouse-sewes: Aussies gee Blitsbokke ook bloedneus

(Foto: @Blitzboks/Twitter)

Die Blitsbokke se treurmare by Wêreldrugby se sewestoernooi in Toulouse het voortgeduur toe hulle met 21-19 deur Australië in die uitspeelwedstryd in die halfeindronde om die vyfde plek geklop is.

Die Blitsbokke kan nie verder vorder nie en met net een toernooi in Londen oor, raak dit al hoe moeiliker om tussen die topvier te eindig om sodoende outomaties vir Olimpiese Spele in Frankryk te kwalifiseer.

Nieu-Seeland, Argentinië en Fidji het reeds hul plekke bespreek, asook die gasheer Frankryk (outomaties).

Die Aussies, nadat hulle die Blitsbokke geklop het, sal na alle waarskynlikheid genoeg punte insamel om ook die jawoord te kry.

Samoa, wat ʼn baie swak toernooi beleef het, het saam met die Blitsbokke ʼn skrale buitekans.

Die Blitsbokke het die vroeg die voortou (5-0) teen die Aussies geneem ná ʼn drie deur Mfundo Ndhlovu, maar die Australiërs het teruggeslaan (7-5) nadat Henry Paterson ’n drie gedruk het.

Boonop is Impi Visser met ʼn geel kaart gestraf wat die Bokke se taak geniehalter het.

ʼn Mens het die gevoel begin kry dat die slag geslaan is.

Die Blitsbokke, wat in die tweede helfte met 12-21 agter geloop, het wel teruggeveg nadat James Murphy ʼn skop opgevolg het en die bal reg vir hom gespring het, maar die uurglas het leeggeloop.

* Puntemakers: Australië 21 (7): Drieë: Henry Paterson, Tim Clements, Maurice Longbottom. Doelskoppe: Longbottom (2), Dietrich Roache.

Suid-Afrika 19 (12): Drieë: Mfundo Ndhlovu, Shaun Williams, James Murphy. Doelskoppe: Ronald Brown, Justin Geduld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

mattk ·

Is dit nie wonderlik hoe vinnig hulle agteruit gegaan het vandat Neil Powell weg is.

Anel ·

Van hero tot zero in minder as ‘n seisoen. Wie sê ‘n afrigter maak nie ‘n span nie? Paul Tru en Neil Powel was tops,!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.