Vermeulen het wêreld se respek vir Italië se Parisse

Italië se Sergio Parisse. Foto: Ichiro Sakano/Kyodo News via AP.

Die Springbokke se eie Thor, Duane Vermeulen, het hier op die vooraand van sy span se Wêreldbeker-kragmeting teen Italië erken dat hy baie respek vir Sergio Parisse het.

Die 36-jarige Parisse speel in sy vyfde Wêreldbeker-toernooi en Vermeulen is vol lof vir sy teenstander in die nommeragttrui.

“Jy wil jou teenstanders nie net as span klop nie, maar hulle ook op ’n individuele grondslag ore aansit,” het die 33-jarige Vermeulen gesê.

“Dus wil ek graag die individuele werk doen wat Rassie (Erasmus) van my verwag, maar terselfdertyd wil ek ook baie graag op só ’n manier speel dat die span makliker ons wedstrydplan kan uitvoer.”

Hy sien baie uit na sy tweestryd met Parisse – ’n speler wat al 141 internasionale toetse agter sy naam het.

“Sergio is ’n yster en ’n fantastiese speler. Hy speel in sy vyfde groot toernooi en dit is ’n ongelooflike prestasie vir ’n speler na wie ek opkyk en teen wie ek al ’n paar keer gespeel het.”

Duane Vermeulen (Twitter @duane_vermeulen)

Daar word swaar reën gedurende môre se kragmeting voorspel en juis om dié rede sal skrums en lynstane baie belangrik wees.

Die Bokke het ’n hele spul lynstaanspesialiste in Eben Etzebeth, Lood de Jager, Franco Mostert en RG Snyman vir die wedstryd gekies en Vermeulen is veral opgewonde oor De Jager se insluiting.

“Lood is ’n sterk leier in die lynstaansituasie en sy gewig maak hom ook gevaarlik in die skrums. Hy het ’n baie lekker wedstryd teen Namibië gehad en almal verwag ’n soortgelyke vertoning van hom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Louis ·

Hoop wedstryd voldoen aan alle verwagtings en elke springbok sy beste gee
Indien dit reen en veld nat is kan dit n morsige spul afgee – onthou nog SA teen Frankryk in Durban!!!

Louis ·

Mag die wedstryd voldoen aan alle verwagting en elke springbok sy beste gee
Indien dit reen en veld nat is kan dit n morsige ding raak
Onthou nog SA teen Frankryk in Durban!!!

Swartwolf ·

Sien hoe baie hy hom gaan respekteer as hulle verloor teen Italie.

Werner ·

Vermeulen is nie op vorm nie. Hy mis duikslae en word maklik omgedop.

Willem ·

Ek sien al hoe rol Faf al ons balle uit die los skrums met sy voetjie en skop hulle dan reguit die lug in op. Hoekom Rassie dink dis slim of dit werk sal net hy weet.

Pietie Div ·

@ En nou.

Geluk met jou lywige inset waar jy nou wel kritiek lewer, maar dit opvolg met jou gerespekteerde eie opinie !!!! Dit is baie gebalanseerd, welgedaan.

As dit wel baie reen soos voorspel, is Faf se skop opsie ‘n realistiese opsie mits dit goed uitgevoer word. Ek sou nie my span aanraai om onder omstandighede waar dit baie reen, net te hardloop en te hardloop met die bal nie.

En nee ek hoef nie my tas te pak en aan te sluit by Rassie nie. Hy sal dit reeds weet. Indien hy my opinie wel versoek, sal ek gegewe al die nuwe tegnologie, sommer vir Rassie via verskeie alternatiewe laat weet (e-pos, Skype, ens). Nie nodig om fisies self te vlieg nie. Onthou, die wereld het al aanbeweeg en is nie meer in die vorige eeu nie.

Swartwolf ·

@Pietie Div – hoe verder snorre van die bok span wegbly hoe beter. Kry eers Zim by die volgende WC dan praat ons weer. O nee hy kan nie hy is gefire vir onderprestering. Wie sou dit ooit kon raai?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.