Virsekerbeker: Monnas se nege drieë kelder Helpmekaar

Monument het Saterdag in die Tuksstadion vir Helpmekaar ná nege opeenvolgende oorwinnings in vanjaar se Virsekerbeker-reeks wreed teruggebring aarde toe met ʼn  wegholoorwinning van 57-11 in die eindstryd van die reeks.

Dit was Monument se tweede opeenvolgende titel in dié reeks nadat hulle verlede jar met 40-26 in die eindstryd teen Nelspruit gewen het.

Dit was Monument se tweede opeenvolgende titel in dié reeks nadat hulle verlede jaar met 40-26 in die eindstryd teen Nelspruit gewen het.

♦ Helpies se suksesvolle veldtog het Saterdag sowat tien minute voor rustyd ontspoor toe die Wit Bulle vier drieë gaan druk en die wedstryd feitlik buite bereik van Helpmekaar geplaas het. Monnas het in die tweede helfte op dié voorsprong voortgebou en altesaam nege drieë gedruk.

Die sege is veral indrukwekkend as in ag geneem word dat Helpmekaar hul laaste twee wedstryde teen Monument voor die eindstryd gewen het.

Hulle het Saterdag egter geen antwoord gehad vir die effektiewe rugby van Monnas wat nie sommer met elke bal gehardloop het nie, maar hul spel goed afgewissel en met goeie opsies die gate help slaan het.

Monument se nege drieë is deur Ruben Westraad, Zihan Coetzee, Dian Oosthuizen (2), Jason Freeman, (2), Morné Brandon, Douw Scheepers en Henco van Wyk gedruk terwyl Brink Marx Helpmekaar se enigste drie gaan druk het.

♦ Monument is onteenseglik vanjaar se beste skolespan nadat hy ook die Tuksreeks vroeër in die seisoen beklink het.

Die diepte van die skool se rugby is beklemtoon toe Monnas Saterdag ook die onder 16-wedstryd teen Helpmekaar met 46-10 gewen het ‒ ʼn duidelike waarskuwing dat hulle vir die volgende twee jaar steeds uiters gedug sal wees.

Monument het Saterdag egter teen Menlopark se onder 15-span pak gekry (8-19) terwyl Helpmekaar se o.14-span met 14-10 teen Menlopark gewen het.

Virsekerbeker-eindstryduitslae 

Beker

Eerste spanne: Monnas 57 – 11 Helpmekaar; o.16: Monnas 46 – 10 Helpmekaar; o.15: Monnas 8 – 19 Menlopark; o.14: Helpmekaar 14 – 10 Menlopark.

Plaatafdeling

Eerste spanne: Eldoraigne 40 – 29 Noordheuwel; o.16: Rustenburg 20 – 10 Eldoraigne; o.15:
Rustenburg 10 – 13 Marais Viljoen; o.14: Noordheuwel 14 – 5 Zwartkop.

Skildafdeling

Eerste spanne: Oos Moot 29 – 20 Ben Vorster; o.16: Jeugland 26 – 31 Hugenote; o.15: Lichtenburg 21 – 26 Middelburg; o.14: Florida 24 – 40 Middelburg.

Afdeling 2

Eerste spanne: Secunda 20 – 14 Frikkie Meyer; o.16: Piet Retief 10 – 27 Ellisras; o.15: Heidelberg Volkskool 24 – 10 Ellisras; o.14: Dinamika 11 – 52 Klerksdorp.

Afdeling 3

Eerste spanne: Brandwag 29 – 20 Leeuwenhof; o.16: Sasol 23 – 10 Brits; o.15: Curro Nelspruit 7 – 8 Brits; o.14: Curro Nelspruit 7 – 10 Vryburg.

Afdeling 4

Eerste spanne: Stella 15 – 37 Morgenzon Landbou; o.17: Evander 29 – 10 Christiana; o.15: Edenvale 19 – 14 Ferdinand Posma.

Middelskool-kampioenskappe

Eerste spanne: Wolmaransstad 24 – 35 Zeerust; o.15: Allen Glen 19 – 22 HTS Klerksdorp; o.14: Allen Glen 27 – 10 Wolmaransstad.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ellisras ·

Geluk Ellisras. Julle het ons naam hoog gehou. Dit vêr gebring. Ons is trots op ons spanne.

EP ·

Trots op Helpies! Ons is eintlik ‘n groot skool wat in die makro skole liga speel. Om tweede te eindig is voorwaar ‘n groot prestasie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.