WB-kwarteindbepalings is bekend

Die Springbokke tel onder die agt spanne wat vir die kwarteindstrydrondes van die Wêreldbeker-toernooi gekwalifiseer het. (Foto: Clement Mahoudeau/AFP)

Die uitkloprondes van die Wêreldbeker-rugbytoernooi is hier en Suid-Afrika sal saam met Ierland, Frankryk, Nieu-Seeland, Wallis, Fidji, Engeland en Argentinië sake in die kwarteindstryd van die sportskouspel uitspook.

Die twee grootste kragmetings is ongetwyfeld die kwarteindstryd tussen Ierland en Nieu-Seeland op die Stade de France, terwyl die Springbokke en Hane se tweestryd op die einste stadion ook die hoofopskrifte sal haal.

Ierland, die wêreld se voorste rugbyspan, kon nog nooit verder as die kwarteindstrydronde van ʼn Wêreldbeker-toernooi vorder nie, terwyl die Springbokke oorgehaal is om hul Webb Ellis-titel te verdedig.

  • Die naweek se uitslae:

Frankryk 60 – 7 Italië

Wallis 43 – 19 Georgië

Engeland 18 – 17 Samoa

Ierland 36 – 14 Skotland

Argentinië 39 – 27 Japan

Tonga 45 – 24 Roemenië

Portugal 24 – 23 Fidji

  • Finale punteleer:

Groep A:

  1. Frankryk: 18 punte ná vier wedstryde
  2. Nieu-Seeland: 15 punte ná vier wedstryde
  3. Italië: 10 punte ná vier wedstryde
  4. Uruguay: 5 punte ná vier wedstryde
  5. Namibië: geen punte ná vier wedstryde

Groep B:

  1. Ierland: 19 punte ná vier wedstryde
  2. Suid-Afrika: 15 punte ná vier wedstryde
  3. Skotland: 10 punte ná vier wedstryde
  4. Tonga: 5 punte ná vier wedstryde
  5. Roemenië: geen punte ná vier wedstryde

Groep C:

  1. Wallis: 19 punte ná vier wedstryde
  2. Fidji: 11 punte ná vier wedstryde
  3. Australië: 11 punte ná vier wedstryde
  4. Portugal: 6 punte ná vier wedstryde
  5. Georgië: 3 punte ná vier wedstryde

Groep D:

  1. Engeland: 18 punte ná vier wedstryde
  2. Argentinië: 14 punte ná vier wedstryde
  3. Japan: 9 punte ná vier wedstryde
  4. Samoa: 7 punte ná vier wedstryde
  5. Chili: geen punte ná vier wedstryde

  • Kwarteindstryd-bepalings:

Saterdag 14 Oktober: Wallis teen Argentinië (17:00) en Ierland teen Nieu-Seeland (21:00)

Sondag 15 Oktober: Engeland teen Fidji (17:00) en Suid-Afrika teen Frankryk (21:00).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

piet ·

Ierland en Frankryk behoort deur te gaan. Albei daai spanne het ons redelik onlangs geklop. Ierland die nommer een span en Frankryk met ‘n tuisveldvoordeel en fanatiese ondersteuning. Ek dink dit gaan ‘n Ierland , Frankryk finaal wees..

piet ·

Die agterlyn wat teen Ierland gespeel het behoort weer te begin. Persoonlik sal ek vir Arendse met Moodie vervang vir die hoe bal situasie (albei hierdie 2 spelers se verdediging is egter verdag). Ek sou Mapimpi gekies het as hy nie beseer was nie. So terloops – Gou gegoogle wat van Ruan Combrinck geword het. 7 wedstryde gespeel sedert die 2019-2022 seisoen. Laas by die Bulle. Het hy uitgetree?

Kerneels ·

Sy rug hom opgekeil. Baie jammer dat hy moes toks ophang. Boer nou beeste in natal.

kragaap ·

Niks fout met Moodie se verdediging nie, ook nie Arendse s’n nie. Plaas Kolbe op heelagter, Arendse en Moodie op vleuels, lekker baie spoed. Willie moeg, sit Willemse op die bank.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.