Stertkantkolwers sorg vir Sri Lanka-sege

Kusal Perera vier Sri Lanka se merkwaardige oorwinning. Foto: Cricinfo.

Durban sorg waarskynlik nie vir die Proteas se beste herinneringe nie. In sewe toetse voor die huidige een teen Sri Lanka, was hulle ses keer aan die verloorkant op Kingsmead.

Dié tendens het die naweek voortgeduur toe Sri Lanka op ’n merkwaardige wyse die eerste toets gewen het.

Toe Keshav Maharaj (3/71) vir Kasun Rajitha been voor paaltjie betrap het, was die skrif letterlik aan die muur vir die besoekers. Hulle moes nog 78 lopies aanteken vir ’n onwaarskynlike oorwinning. Maar ’n epiese vennootskap om die laaste paaltjie tussen Kusal Perera (153*) en Vishwa Fernando (6*) het gesorg dat Sri Lanka die toets met een paaltjie gewen het.

Hoewel Vernon Philander die grootste deel van Sri Lanka se tweede beurt misgeloop het, het ʼn mens steeds die gevoel gekry dat die Proteas hopeloos te veel skietgoed sal hê.

Maharaj, Dale Steyn (2/71) en Duanne Olivier (2/35) het onder Sri Lanka se kolwers gemaai. Maar ’n wedstryd is eers verby as die tiende en laaste paaltjie kantel en Perera het met aanvallende kolfwerk die Proteas gekasty.

Hy het in sy beurt 12 viere en vyf sesse geslaan om een van die moderne era se meer epiese terugvegpogings te bewerkstellig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Robert

Baie bly vir sri lanka. Proteas sal ook nooit leer nie. Hoe kan jy ‘n totaal opstel en 6 paaltjies verloor vir 8 lopies!

Hennie

Dit is weer amper wereldbeker so nou begin die ouens weer choke

Henk

Hoe volhard jy met steyn wat nou al oor en oor bewys het dat hy nie so maklik van n stert sonder n hoop lopies ontslae raak nie, dit terwyl jy met Oliver sit wat 4 maidens geboul het en net 35 lipies afgestaan hwt en reeds bewys het hy is opgewasse vir die taak. Nee wat, hierdie verloor le vierkantig voor du plessis se swak leierskap

Nico

Dit is baie goed. SA berei blaaie voor vir sy snel boulers. Dit word so goed gedoen dat sy eie kolwers nie behoorlike beurte daarop kan speel nie. As jy De Kok en en mnr selvoldaan (kaptein) se beurte wegvat dan sou SA seker nie een toets teen PAK gewen het nie. Voor almal op die wa klim van Indië en SRL berei blaaie vir hul draaiers voor moet daar op gelet word dat hul boulers lopies op daai draaiers blaaie kry waar die taktiek boemerang by SA want hulle kan nie draai en ook nie meer snel balle bemeester… Lees meer »

Rupert Ashford

Niemand rep ‘n woord oor die wereld se nommer een bouler nie. Waar was jy?