God van wonders deur Angus Buchan is propvol getuienisse wat die goedheid en genade van God in die lewens van gewone mense weerspieël.
Alles vir die sleutelwoord "Angus Buchan"
Boek: Pa’s en seuns
Angus Buchan moedig pa’s in Pa’s en seuns aan om die verhouding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koester. Die boek moedig terselfdertyd ook seuns aan om hul verhouding met hulle pa te koester en so een van dié belangrikste gesinsbande te versterk.
Boek: Ons twee saam
Ons twee saam is die eerste boek deur die bekende skrywer en evangelis Angus Buchan wat spesifiek vir paartjies geskryf is. Angus deel sy perspektief op die huwelik en hoe om hierdie Godgegewe seëning te waardeer en te beskerm – iets wat hy al meer as 40 jaar saam met sy vrou, Jill, doen.
Boek: Wandel deur geloof- 2015 dagstukkies
Deur die eeue heen, vanaf die begin tot vandag toe, wandel manne van geloof saam met God. Elkeen se pad was anders, en uniek. Hulle opdragte was verskillend. God het elkeen gekies om ’n rol te speel in die voltrekking van Sy planne. Hulle het almal die Godgegewe opdrag gehad om Sy Koninkryk hier op aarde te vestig.