ʼn Gewese Sharks-speler het die Engelse klub Saracens Sondag tot in die halfeindstryd van die reeks op die Europese Kampioenebeker gelei.
Alles vir die sleutelwoord "SA oorsee"
Windmakerigheid raak groot verleentheid vir Bok
Windmakerigheid het Saterdag tot ʼn groot verleentheid vir ʼn Springbok in die kwarteindstryd van die reeks om die Europese Kampioenebeker in die Avivastadion in Dublin gelei.
Danré se skopskoen laat Franse telbord rol
Danré Gerber se skopskoen het Vrydag, soos hy gereeld doen, weer die telbord in die Franse Pro D2-liga laat rol.
Goue Beker bied trap boontoe vir topspelers
Nes verlede jaar is die uitblinkers van die afgelope internasionale reeks om die Goue Beker (GB) besig om ʼn trappie hoër te klim danksy die blootstelling wat hul spogvertonings in die reeks hulle besorg het.
Geel kaarte vir twee Springbokke in Frankryk
Twee Springbokke is Sondag in ʼn kragmeting in die Franse Top14-liga met geel kaarte van die veld gestuur.
Twee Suid-Afrikaners druk vir Italiaanse span
Twee Suid-Afrikaners het Saterdag albei die Italiaanse klub Zebre van Parma se drieë in sy wedstryd in die Europese Pro12-reeks teen Munster gedruk.
Statistiek toon CJ is beste nr 6 in Sesnasies
Ierland se Suid-Afrikaanse flank, CJ Stander, is ingesluit in die beste span uit die afgelope Sesnasiesreeks, wat op grond van statistiek gekies is en op die reeks se webwerf verskyn.
Drie met SA wortels druk vir Franse klub
Drie toetsspelers met Suid-Afrikaanse wortels het Saterdag drieë vir Clermont Auvergne in sy sege van 65-13 oor Pau in die Franse Top14-liga gedruk.
Oud-WP-man help Switsers tot groot sege brei
`n Gewese lid van die Westelike Provinsie se B-span het as hulpafrigter bygedra tot die Switserse span se wegholoorwinning van 54-18 Saterdag in Genève oor Oekraïne in die reeks om die Rugby Europatrofee.
Leeus reken met leeutemmer af
Dit was Saterdag in Keulen, Duitsland, `n geval dat die leeus met die leeutemmer afgereken het.
Argentyne en Yanks pak mekaar in ‘eindstryd’
Dis vir alle praktiese doeleindes `n eindstryd wanneer die Argentynse Vyftiental en Amerika se Arende Saterdag mekaar in die Amerikas-rugbykampioenskap aan die strot vat.
Wegholsege kan Argentyne vorentoe deurdra
Die Argentynse Vyftiental se wegholoorwinning Saterdag oor Brasilië kan hom vorentoe goed te pas kom in sy kop-aan-kop-wedloop met Amerika in die Amerikas-rugbykampioenskap.
Kan SA Amerika se volgende kaptein oplewer?
Dit lyk of daar `n sterk moontlikheid bestaan dat Suid-Afrika `n toekomstige kaptein vir die Amerikaanse Arende kan oplewer.
SA breier se span verrinneweer kampioen in VSA
In Texas, word gesê, doen hulle dinge groot, maar nou wil dit lyk of Suid-Afrikaners dáár dit selfs gróter doen.
‘Eksperimentele’ Duitse span kry groot slae
Skaars `n week ná Duitsland se leeutemmersege oor Roemenië het die span `n deftige drag slae teen Georgië in die Rugby Europa-kampioenskap op die lyf geloop.
Oud-Durbaniet help Amerika punterekord slaan
`n Gewese Durbaniet het geen geringe aandeel daarin gehad nie dat Amerika Saterdag die meeste punte dusver in `n toets teen Kanada aangeteken het.
Bok-veterane beklink sege vir Franse klub
Die Franse klub Toulon het sy sege van 31-17 Saterdag in sy Mayol-stadion in die Franse Top14-liga oor Lyon grootliks aan twee Springbok-veterane te danke gehad.
Ruan Pienaar met knal terug ná besering
Ulster se Springbok-skrumskakel, Ruan Pienaar, het sy terugkeer na die Europese Pro12-liga met `n dawerende knal aangekondig.
Oud-Griffon hou Spaanse telborde aan ‘t rol
`n Gewese losskakel van die Griffons en die SWD Arende hou steeds die Spaanse telborde aan die rol.
Springbokke druk drie keer vir Engelse klub
Twee Springbokke het Saterdag saam drie drieë vir hul klub in die Engelse Premierliga gedruk.