Mej. Suid-Afrika 2017 is Sondagaand tydens ʼn glansgeleentheid by Sun City in Noordwes gekroon.
Lees meerAlles vir Sondag 26 Maart 2017
Dis maak of breek vir spanne, spelers in laaste ronde
Maandag se laaste ronde groepwedstryde is die Pukke se laaste kans om die halfeindronde te haal, ook die ‘eindstryd’ om die houtlepel en vir spelers wat die Varsitybeker-droomspan wil haal om die oog te vang.
Agt klaskamers aan die brand gesteek
Agt klaskamers en ʼn personeelkamer is Sondagoggend by ʼn skool in Mpumalanga aan die brand gesteek.
[Foto’s] Bloem-ongelukke eis twee
Twee mense is oor die naweek in twee afsonderlike ongelukke in Bloemfontein dood.
Olimpiese en Wêreldkampioen – en nou ook ʼn Cape Epic-wenner
Die 2017 Absa Cape Epic laat mens dink aan die Afrikaanse gesegde van twee honde wat baklei vir ʼn been en die derde een hardloop daarmee weg.
Twee Suid-Afrikaners druk vir Italiaanse span
Twee Suid-Afrikaners het Saterdag albei die Italiaanse klub Zebre van Parma se drieë in sy wedstryd in die Europese Pro12-reeks teen Munster gedruk.
Sassa-betalings op pad, maar…
Die departement van maatskaplike ontwikkeling en die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het Sondag gesê hulle is gereed om in April maatskaplike toelaes aan nagenoeg 17 miljoen begunstigdes uit te betaal.
Karlien en Joe haak stilletjies af
Karlien van Jaarsveld en die voormalige rugbyspeler Joe Breytenbach het stilletjies die knoop deurgehaak.
Gekaapte Maserati steeds skoonveld
Die luukse Maserati-sportnutsvoertuig, wat Saterdag in ʼn skynbare ontvoeringsdrama by ʼn handelaar in Johannesburg gesteel is, is steeds skoonveld.
Quinton skitter, maar die toets en reeks nog nie beklink nie
Suid-Afrika het Sondag in die derde kriekettoets teen Nieu-Seeland in Hamilton hulself grootliks uit die moeilikheid gekolf, maar aan die einde van die tweede dag se spel was die toets en die reeks nog glad nie beklink nie.
Hofsake ten spyt, eerste OP-skote klap
Ondanks die hofsake wat voorkom dat die Oos-Kaapse Super 12-oorgrensreeks afgehandel word, het die eerste skote in die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagreeks Saterdag geklap.
Pakhuis-brand steeds nie geblus
Brandbestryders spook steeds sedert Vrydagoggend onverpoos om die reuse brand in ʼn Transnet-pakhuis by die Durbanse hawe te blus.
Tragedie in Clocolan
ʼn Seun is Saterdag in die Vrystaatse dorpie Clocolan in ʼn fratsongeluk dood terwyl hy gespeel het.
‘Oorbeklemtoning van grond sal tot SA se ondergang lei’
“Suid-Afrika stuur op dieselfde krisis af as wat Zimbabwe tans beleef”
Gedagte vir die dag: My God, hoekom het U My verlaat?
Dit was toe dat Jesus baie hard uitgeskreeu het: “Eloï, Eloï, lemá sabagtani?” As ’n mens dit vertaal, beteken dit: “My God, my God, hoekom het U My verlaat?” (Markus 15:34)