Luister: Wiele2Wiele gesels oor aanlyn inisiatiewe

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke.

Hierdie week vertel Wiele2Wiele hoe jy kan inskakel vir die aankondiging van AutoTrader se Suid-Afrikaanse Motor van die Jaar. Kyk hier wie vanjaar se finaliste is. Intussen gaan MasterDrive aanlyn met gevorderde-bestuurskursusse en hulle ‘E-Learning’-program. Jy moet liefs nie daardie olieliggie ignoreer as hy aanhou brand nie en vir 2-Wiele gesels die span oor die ‘Honda Quest True Adventure Bootcamp’ en praat met drie van die finaliste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.