Bernice en Jannes beloof ewige trou

(Foto: Rolene Strauss/Instagram Story)

Die sangeres Bernice West en skrywer Jannes Erasmus het Saterdag ewige trou aan mekaar beloof.

Maroela Media het vroeër berig die twee het in Junie op Zanzibar in Tanzanië verloof geraak.

Bernice en Jannes het op die planke van die AfriForum Teater in Pretoria saam aan die musiekspel, Die Gelofte, gewerk. Erasmus as regisseur en skrywer, en West as die mooie Maria.

Die twee het by Lunikhy Game Farm & Wedding Venue in Pienaarsrivier, Limpopo, die groot dag saam met vriende en familie gevier.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by In Afrikaans (@in_afrikaans)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Reynier ·

Eish man, geen idee wie 9/10 van die mense is nie vandat ek nie meer dstv het nie????????????Mis nog steeds nie veel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.