Binnelanders-aktrise raak verloof

Cindy Swanepoel en Craig Urbani (Foto: Cindy Swanepoel/Instagram)

Cindy Swanepoel, bekend as die strenge “Annelize Roux” in die TV-reeks Binnelanders, het ja gesê toe Craig Urbani haar gevra het om te trou.

Die twee het die nuus bekendgemaak in ʼn plasing op Instagram waar hulle skerts met die Addams Family uit die nuwe Wednesday-reeks op Netflix.

Anders as haar karakter in Binnelanders, is Cindy in werklikheid ʼn saggeaarde vrou met haar voete ferm in dankbaarheid geplant.

Die twee het mekaar op die stel van Binnelanders ontmoet waar Craig die rol van Jeremy Gavins vertolk het.

Maroela Media het vroeër berig Swanepoel bekoor Suid-Afrikaanse sosialemediagebruikers met haar aanlyn karakter Carmen.

“Ek het nog altyd by die huis geoefen deur na YouTube-video’s te kyk en dit te volg. Ek wou ook nog altyd my eie oefenprogram aanbied. Dis hoe Carmen ontstaan het. Ek is eintlik baie lief vir karakterwerk, ek sal nog bietjie wil skaaf en skuur aan haar, wie weet, dalk word sy eendag deel van my motiveringspraatjie,” skerts sy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.