Foto’s: Bekendes haal uit en wys op Oscar-tapyt

Oscar statues stand off of Hollywood Boulevard in preparation for Sunday’s 92nd Academy Awards at the Dolby Theatre, Wednesday, Feb. 5, 2020, in Los Angeles. (AP Photo/Chris Pizzello)

Die afgelope jaar het Hollywood se bekendes hul deftige aandrokke in hul sitkamers gedra om virtueel toekennings te aanvaar – van hulle het dit selfs in hul slaapklere gedoen van die huis af! Maar Sondag was dit verfrissend om weer ʼn behoorlike rooi tapyt by die Oscar-toekennings te kon aanskou.

Die mans en die vroue het vanjaar die vere reg geskud en die eerste groot mode-geleentheid sedert die begin van die koronavirus-pandemie gevier.

Hier is ʼn paar uitblinkers op vanjaar se Oscar-tapyt:

Vuurwarm mans

Leslie Odom Jr. is vir twee Oscars genomineer – een vir beste ondersteunende akteur en nog een vir beste oorspronklike lied vir One Night in Miami. Hy het presies soos die bekende Oscar-beeldjie gelyk in sy skitterende goue Brioni-pak.

Leslie Odom Jr (Foto: Getty Images via AFP)

Colman Domingo het die oog getref in ʼn pienk van kop-tot-tone-uitrusting.

Colman Domingo (Foto: Getty Images via AFP)

Paul Raci het ʼn swart pak gedra met in-die-kol-bykomstighede van silwer juwele en donker naellak.

Paul Raci (Foto: Getty Images via AFP)

Goue vroue

Carey Mulligan, wat vir beste aktrise genomineer is, het geskitter in ʼn moulose goue aandrok, ʼn kaal middel en lang sleep.

Carey Mulligan (Foto: Getty Images via AFP)

Die sangeres Andra Day het ook by die Oscar-tema gehou en ʼn goue rok met uitknipwerk en ʼn hemelhoë spleet gedra.

Andra Day (Foto: Getty Images via AFP)

Pragtig in wit

Viola Davis, wat vir beste aktrise genomineer was, het ʼn wit, moulose Alexander McQueen-aandrok gedra met sexy uitknipwerk aan die bostuk.

Viola Davis (Foto: Getty Images via AFP)

Waag met kleur

Halle Berry, wat ʼn aanbieder by vanjaar se Oscars was, het met haar nuwe kort haarkapsel aandag getrek in ʼn vloeiende pers Dolce & Gabbana-rok.

Halle Berry (Foto: Getty Images via AFP)

Regina King het pragtig gelyk in ʼn blou Louis Vuitton-aandrok met gestruktureerde vlindermoue en blink silwer detail.

Regina King (Foto: Getty Images via AFP)

Angela Bassett het asems weggeslaan met ʼn helderrooi Alberta Ferretti-rok met pofmoue, ʼn spleet en ʼn massiewe strik agter.

Angela Bassett (Foto: Getty Images via AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.